Publication

Daar is murg in die pype van Stoetboere

By Japie van der Westhuizen 89 downloads

Goeie stoetboere het murg in hulle pype. Lees meer hieroor in die Landbouweekblad-bylae. Geskryf deur Japie van der Westhuizen

Download this publication

PDF · 64 KB · 89 downloads

Download

From the document

STOETBOERE VAN DIE OOS-VRYSTAAT JAPIE VAN DER WESTHUIZEN VELE FAKTORE dra by tot die maak van ’n suksesvolle stoetteler. FOTO: VERSKAF

Daar’s murg in die pype van ’n (goeie) stoetboer Suid-Afrika kan opreg spog met van die beste stoetboere op die planeet. Hulle beskik oor eienskappe wat hulle laat uitstaan. Dr. Japie van Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek, verduidelik.

ie lang geskiedenis van aantekening, wat reeds in 1905 amptelik vorm aangeneem het, en uiteindelik uitgeloop het op wetenskapgegronde aantekening van eienskappe wat biologies en ekonomies sin maak, plaas stoettelers in ’n posisie om aanteelvee te lewer waarmee kommersiële veeboere ’n lewe kan maak. Suksesvolle stoettelers beskik oor eienskappe wat hulle duidelik onderskei van die alledaagse.

KEN DIE MARK As jy ’n gesogte produk wil verkoop, moet jy weet wat in die mark aangaan en verstaan watter faktore markte beïnvloed. Stoetboere wat volhoubaar deel wil bly van die stoetbedryf,

verseker dat die stoetdiere wat hulle verkoop, sorg vir wins in hul kopers se kuddes. Hulle verstaan wat word van die aanteelvee wat hul kliënte bemark en hoe dié kliënte se produkte weer vir wins moet sorg in die produksieketting.

GESONDE DOELWIT Suksesvolle stoettelers verstaan ook dat hulle ’n langtermyn-visie moet hê. Teling van plaasvee gaan in die eerste plek oor ’n gesonde doelwit. Hoewel ’n doelwit oorhoofs bepaal waarheen geneties geselekteer moet word, moet dit ook in verteerbare aksies opgedeel kan word. Praktiese seleksie is wanneer die teler self diere kies wat sal sorg vir ’n nuwe generasie diere wat aangepas is by ’n produksie- omgewing waar sy kopers se

diere ook doeltreffend sal produseer. Die seleksie wat hy in sy eie kudde toepas, gee dus die pas aan vir genetiese vordering in die kuddes van die kopers. Om ’n doelwit na te streef sonder om te meet is natuurlik nie moontlik nie. Met objektiewe metings weet jy watter diere produktief is en watter nie.

WETENSKAP Die voorloper-stoetboere verstaan die wetenskap wat een teeldier geneties beter maak as ’n ander, en stel belang in nuwe tegnologie. Hoewel die teling van stoetdiere tradisioneel as ’n kuns beskou is, het weten skaplike ontwikkelings dit deel gemaak van die presisie-era. Objektiewe meting van die eien skappe wat wins verseker, die bepaling van elke dier se genetiese meriete en

Dr. Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek. FOTO: LBW-ARGIEF die korrekte insluiting daarvan in die vooropgestelde teeldoelwitte, sorg dat kopers ook kan deel in …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications