Watter genetiese eienskappe onderskei die Jersey-bulle wat ?n volhoubare bydrae tot die ras se vooruitgang lewer? Hierdie artikel bespreek Rubicon Knight Winterfell en Umoba Mozart Kevlar K117, twee plaaslik getelde bulle met bogemiddelde SAINET-meriete en dogters wat in produksiemeting presteer. Dit verduidelik hoe BLUP-teelwaardes en internasionale MACE-evaluasies Suid-Afrikaanse telers help om plaaslike ¿buitelandse bulle objektief te vergelyk. Die artikel beklemtoon ook die toenemende rol van genomies-verrykte teelwaardes, plaaslike prestasiemeting en genetiese inligting oor produksie, vrugbaarheid, uiergesondheid en langlewendheid in ingeligte seleksie- en paringsbesluite.
Download this publication
PDF · 718 KB · 1 download
From the document
Deur dr Bernice Mostert, SA Stamboek
TRAILBLAZERS Baanbreker-bulle in die Jersey-ras
Die Jersey-ras is afkomstig van die eiland Jersey, sowat 13km vanaf die Franse kus. Die Jersey het sy oorsprong in ’n ras wat oorspronklik van Noord-Afrika na Frankryk gemigreer het. Die eerste plaaslike Jerseys is in 1881 deur Adrian van der Bijl van Woodstock in die Wes-Kaap ingevoer. Sedert die Jersey SA-telersgenootskap se stigting in 1920 in Pietermaritzburg, was deelname aan produksiemeting nog altyd vir hulle ’n prioriteit. Jersey-telers het die ras se teeldoelwit in 2000 geformuleer met die fokus op die doeltreffende produksie van ’n hoë-gehalte produk wat altyd voorkeur sal geniet. Dit word bereik deur te selekteer vir diere wat goeie-gehalte melk produseer, maklik hanteerbaar is en gesonde uiers het.
Globale teelwaardes BLUP (best linear unbiased prediction)-teelwaardes word reeds sedert 1989 vir die Jersey-ras beraam. Die ras neem ook sedert die jaar 2000 aan internasionale genetiese ontledings deel. Hierdie MACE (multiple across country evaluation)-teelwaardes word deur Interbull in Swede beraam. Dit stel Suid-Afrikaanse telers in staat om buitelandse bulle se genetiese rangorde binne die plaaslike populasie te bepaal, selfs nog voordat hulle gemete dogters in Suid-Afrika het. MACE-teelwaardes word op die Suid-Afrikaanse populasie se genetiese parameters, eenheid van meting, eienskapdefinisie,
Rubicon Knight Winterfell Hierdie bul is deur JA Theron van Merrivale geteel en word deur XSeed Genetics bemark. Hy dra Amerikaanse genetika van sowel sy vader, Ahlem Jumbo Knight-ET, as sy maternale grootvader, Forest Glen Meccas Jevon-ET. Hy het tans 337 dogters in 31 kuddes wat aan produksiemeting deelgeneem het. Al is hy ’n ouer bul, spog hy steeds met ’n bogemiddelde SAINET-waarde (Jersey SA se totale meriete-indeks). Hy teel dogters wat uitblink in produksie en uiergesondheid, maklik beset raak en langlewendheid in die kudde toon. Boonop het hulle ’n uitstekende bouvorm en goeie uiers, hoewe en bene. Figuur 1: Genetiese profiel van Rubicon Knight Winterfell. SAINET Bouvorm Hoewe en bene Uier Kuddelewe Vrugbaarheid Uiergesondheid Proteïeninhoud (%) Bottervetinhoud (%) Totale proteïen Totale bottervet Melk
Umoba Mozart Kevlar K117 Hy is deur WJ Woolridge van Mtubatuba in KwaZulu-Natal geteel en aanvanklik deur Taurus Evolution bemark. Hy spog ook met Amerikaanse genetika danksy sy vader, Prairie Harbour Mozart–ET, en maternale grootvader, Richies Jace TBone A364–ET. Hy het tans 240 dogters in 30 kuddes wat aan produksiemeting deelgeneem het. Hy teel goed-gebalanseerde dogters met besondere goeie uiers. Sy genetiese meriete vir SAINET lê steeds bo die rasgemiddelde. Figuur 2: Genetiese …
The opening of the PDF. Download it above for the full document.