Publication

Opkomende stoettelers trek voordeel uit KyD BGP2-inisiatief - Logix fokus

By Johan Griesel, Jasonreding 1 downloads

Die Kaonafatso ya Dikgomo (KyD)-inisiatief binne die tweede fase van die Vleisbeesgenomikaprogram (BGP2) help kwalifiserende opkomende stoet- en kommersi¿ produsente in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om toegang tot genomiese tegnologie te verkry. Die artikel verduidelik hoe SNP-gebaseerde genotipering en genomies-verrykte teelwaardes (GEBV?s) meer akkurate seleksie moontlik maak, terwyl deelnemers ook toegang kry tot ouerskapverifikasie, rassamestellingsanalises en inligting oor enkelgeen-eienskappe en genetiese afwykings. Die program versterk terselfdertyd die genetiese databasis vir navorsing en toekomstige kuddeverbetering.

Download this publication

PDF · 142 KB · 1 download

Download

From the document

- Opkomende stoettelers trek voordeel

Deur Johan Griesel en Jason Reding, genetici, SA Stamboek Die tweede fase van die Vleisbeesgenomikaprogram (BGP2) wat deur die Tegnologie Innovasie-agentskap (TIA) ondersteun word, verteenwoordig nóg ’n belangrike mylpaal vir die Suid-Afrikaanse vleisbeesbedryf. SA Stamboek en sy geaffilieerde telersgenootskappe het sedert die bekendstelling daarvan in April 2024 reeds die vrugte van die inisiatief begin pluk. Die program het op 31 Maart 2025 sy eerste jaar afgesluit. In hierdie tyd is meer as 16 200 monsters deur telers van 23 vleisbeestelersgenootskappe vir genomiese ontleding ingedien. Die projek se tweede jaar het op 1 April 2025 afgeskop en in Maart 2026 tot ’n einde gekom. BGP2 se mikpunte behels onder meer die standaardisering van SNP-gebaseerde genotiperingstegnologie en die vestiging van genomiese verwysingspopulasies vir rasse wat nog nie genomies geëvalueer word nie. Dit maak die meer akkurate voorspelling van genetiese meriete moontlik, veral vir eienskappe wat moeilik, duur of net op een geslag meetbaar is, eers laat in ’n dier se produktiewe lewe tot uiting kom of lae oorerflikheid toon.

Tegnologieë en tendense ’n Sleuteluitkoms van die program is die oorgang na genomies-verrykte teelwaardes (GEBVs) as bedryfstandaard, wat uiteindelik tradisionele beraamde teelwaardes (EBVs) sal vervang. Laasgenoemde word deur SA Stamboek bereken met behulp van die BLUP (best linear unbiased prediction) gebaseerde ontledings van beeste se eienskappe waarvoor metings of waarnemings saam met stamboominligting nodig is. GEBVs verteenwoordig die nuutste tegnologie in teelwaardeberaming. Genomiese en stamboominligting word geïntegreer om voorsiening te maak vir

die lukraak toedeling van gene aan die nageslag van teelouers. Dit lei tot groter akkuraatheid en tydige seleksiebesluite. Hierdie besluite kan dikwels al geneem word wanneer ’n monster van die kalf se genoom ontleed is. Dit op sigself sorg vir versnelde genetiese vordering. Genomiese toetsing maak dit boonop moontlik om vir of teen spesifieke enkelgeen-eienskappe te selekteer, omdat die merkers daarvoor deel vorm van die SNP-gebaseerde panele wat gebruik word. ’n Nuwe komponent van BGP2 is die Kaonafatso ya Dikgomo- of KyD-inisiatief onder leiding van die Landbounavorsingsraad (LNR). KyD beteken ‘die verbetering van beeste’ in Sesotho en fokus daarop om telers se toegang tot genomiese tegnologie, soos SNP-gebaseerde toetsing en daarom GEBV-bepaling, uit te brei. Die inisiatief ondersteun telers wat as voorheen-benadeelde individue kwalifiseer en by stoet- of kommersiële veeboerdery binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) betrokke is. Dit sluit Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe in. Die inisiatief verbreed ook die wetenskaplike waarde van die Suid-Afrikaanse …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications