Wat bepaal of beesvleis sag en smaaklik is? Hierdie artikel verduidelik dat vleisgehalte reeds voor geboorte deur genetika be¿loed word, maar ook afhang van voeding, bestuur, temperament en die hantering van die karkas n¿lag. Dit bespreek die rol van die kalpa¿- en kalpastatiengene in vleissagtheid, asook die genetiese invloede op marmering, vetkleur en karkassamestelling. Die artikel beklemtoon dat genomiese toetsing se waarde toeneem wanneer DNS-profiele aan betroubare karkas- en vleisgehalterekords gekoppel word. Inisiatiewe soos Authentic Stud Meat (ASM) kan help om genetiese potensiaal, lewenslange produksie en werklike vleisgehalte oor die waardeketting te verbind.
Download this publication
PDF · 680 KB
From the document
Gene en vleisgehalte: Dit begin vóór slag al
Deur dr Japie van der Westhuizen, SA Stamboek
agtheid is een van die belangrikste faktore wat bepaal of mense ‘n genotvolle eetervaring het. Sagtheid begin egter nie by die abattoir nie; dit word in die dier se genetika vasgelê lank voordat hy gebore word. Vleisgehalte is ’n komplekse eienskap. Genetiese verskille tussen diere dra by tot sagtheid, intramuskulêre vet (marmering), vetneerlegging en -verspreiding, karkassamestelling, asook vleis- en vetkleur. Voeding, ouderdom, groeitempo, geslag, die omgewing en bestuur beïnvloed hoe daardie genetiese potensiaal uiteindelik uitgedruk word.
Wat bepaal vleisgehalte? Ná slag breek natuurlik ensieme (kalpaïene) strukturele proteïene in die spiere af. Kalpastatien inhibeer kalpaïenaktiwiteit. Die balans tussen hierdie stelsels beïnvloed die tempo van nadoodse proteïenafbreking en dus die ontwikkeling van sagtheid tydens veroudering. SA Stamboek se genomiese diens sluit SNP-merkers in die kalpaïen- en kalpastatiengene in. Navorsing oor beespopulasies toon ‘n verband tussen variante van dié gene en sagtheidsmetings. Inligting uit enkelgeenvariante plaas diere in ses kategorieë wat hul relatiewe genetiese potensiaal vir sagtheid verteenwoordig. Vlakke 1 en 2 verteenwoordig ’n laer genetiese
potensiaal, vlakke 3 en 4 ’n matige tot hoër potensiaal, en vlakke 5 en 6 die hoogste potensiaal. In Figuur 1 word 34,3% van die diere as vlak 3, 48,6% as vlak 4 en 11,6% as vlak 5 geklassifiseer. Slegs 5,5% is in vlak 2 en geen in vlakke 1 of 6 nie. Genomiese toetsing identifiseer nie net variasie nie, maar ook diere met meer wenslike kombinasies. Marmering word deur baie gene beïnvloed en ook sterk deur voeding en die dier se stadium van volwassenheid geaffekteer. Vleiskleur het ook ’n genetiese komponent, hoewel (nadoodse) pH, veroudering, suurstofblootstelling en hantering ‘n groot invloed het. Selfs vetkleur het ’n genetiese verhaal. Geelvet word sterk beïnvloed deur karotenoïede wat via groenweiding ingeneem word, maar beeste verskil geneties in hul vermoë om hierdie pigmente neer te lê en te metaboliseer. Daar is ’n ander, minder duidelike verband tussen genetika en vleisgehalte, naamlik temperament. Temperament kan bepaal hoe ’n dier op hantering, vervoer en ander stresvolle gebeure reageer. Stres en fisiese inspanning kan spierenergiemetabolisme verander en die biochemiese toestande wat ná slag ontwikkel, beïnvloed. Dit bepaal uiteindelik vleisgehalte.
Goeie rekordhouding is nodig Die bedryf moet verby ’n handjievol enkelgeenmerkers beweeg na meer akkurate
Figuur 1: Verspreiding van genetiese potensiaal binne ’n ras.
The opening of the PDF. Download it above for the full document.