Praktiese riglyne om kontemporere groepe by vleisbeeste saam te stel Doen dit reg: Weet meer oor hoe maklik dit is om kontemporere groepe saam te stel vir vleisbeeste. Dr Helena Theron
Download this publication
PDF · 345 KB · 68 downloads
From the document
Kontemporêre groepe in drie maklike stappe Deur dr Helena Theron, senior genetikus, SA Stamboek
Gekorrigeerde metings in kontemporêre groepe, saam met stamboominligting, is die basis van teelwaardeberaming. ’n Vergelykbare groep diere wat saam op dieselfde plek op dieselfde tyd was, word ’n kontemporêre groep genoem. In ’n kontemporêre groep word die verskille tussen diere deur genetika veroorsaak, aangesien almal aan dieselfde omgewing blootgestel is. Dit is dus nie nodig om ander omgewingsinvloede soos hitte of reënval tydens teelwaardeberaming te identifiseer en kwantifiseer nie. Aspekte waarvoor wel gekorrigeer word binne ’n speen kontemporêre groep is geslag, ouderdom van die dier sowel as die moeder, asook of dit die moeder se eerste kalf is of nie. Die genetiese potensiaal van ’n dier word relatief tot die kontemporêre groep se gemiddeld bepaal. Korrekte kontemporêre groepe lei tot korrekte en stabiele teelwaardes.
in elke kamp minder as 100 dae in ouderdom verskil.
Stap twee is om die kalwers en koeie te weeg. Bepaal die beste tyd om kalwers te weeg met Logix se ‘Weegdatums uitwerk’-opsie onder ‘Kortpaaie’. Weeg die hele kamp se diere op dieselfde dag. Dui aan indien daar oor meer dae Figuur 1: Hoe om data in te dien.
Drie belangrike stappe moet gevolg word in die saamstel van kontemporêre groepe.
Stap een is om die groep korrek saam te stel. ’n Kontemporêre groep is die groep kalwers wat fisies saam in dieselfde kamp was, soos speengroepe of bultroppe, en waar die koeie hierdie jaar in ander kombinasies as die vorige jaar gedek is. Kalwers van minstens twee bulle moet saam in dieselfde kamp loop om die rangorde van bulle te kan bepaal. KI ’n paar koeie of meng koeie uit verskillende troppe indien nodig. Hoe meer diere in die groep, hoe stabieler is die groep en hoe beter is die inligting wat daaruit kom. ’n Minimum van vyf diere is nodig vir sinvolle teelwaardes. Vir teelwaardeberaming laat SA Stamboek ’n minimum van drie diere in ’n groep toe. Gebruik dekseisoene om te verseker dat kalwers
geweeg word, anders sal die groep outomaties volgens weegdatum gedeel word. Moet ook nie elke kalf op presies ouderdom 205 dae weeg nie. Weeg al die kalwers en koeie, ook die kalwers wat uitgeskot gaan word, sodat hulle ouers gepenaliseer kan word en die rangorde van die groep korrek bepaal kan word.
The opening of the PDF. Download it above for the full document.