Hoe kan genomiese toetsing die rassesamestelling van ?n skaap meer objektief bepaal as stamboomrekords en voorkoms alleen? Hierdie artikel verduidelik hoe duisende SNP-merkers met ?n betroubare verwysingspopulasie vergelyk word om die genetiese bydrae van verskillende rasse te beraam. SA Stamboek se rassleutel en 3D GeneBox help om genetiese ooreenkomste en diversiteit te ondersoek, selfs wanneer stamboominligting ontbreek of onseker is. Die artikel beklemtoon dat ?n groot, diverse verwysingspopulasie noodsaaklik is vir akkurate resultate, met minstens 100 genotipeerde diere uit verskeie telers per ras. Die eerste kleinveerasse wat genoem word, sluit Merino, Dormer, Dorper, Dohne Merino en SA Vleismerino in.
Download this publication
PDF · 403 KB · 2 downloads
From the document
’n Akkurate uiteensetting van rassamestelling: Die krag van genomiese toetsing Deur Marike Hillocks en Jason Reding, SA Stamboek
lke skaap in jou kudde dra ’n unieke verhaal wat in sy DNS versteek lê. Die vraag is of jy luister na dit wat daardie verhaal jou vertel. Vir baie jare het telers slegs op stamboominligting, prestasierekords, visuele beoordeling en ervaring staatgemaak om teelbesluite te neem. Hoewel hierdie kriteria steeds belangrike hulpmiddels is, bied dit nie altyd die volledige genetiese prentjie nie. Soms kom registrasiefoute voor, ouerskappe kan onseker wees, of diere met identiese stambome kan uiteenlopende geenkombinasies van hul ouers erf. Twee skape kan visueel baie eenders lyk, maar van heeltemal verskillende genetiese lyne afkomstig wees. Vandag maak genomiese tegnologie dit moontlik om direk na ’n dier se genetiese kode, oftewel die DNS, te kyk. Wanneer hierdie inligting korrek benut word, kan dit teelbesluite vergemaklik, rasintegriteit versterk en groter vertroue skep wanneer diere gekoop of verkoop word. ’n Genomiese toets ontbloot die dier se duisende genetiese merkers, wat as enkelnukleotied-polimorfismes (SNPs) bekend staan en oor die hele genoom versprei is. Genomika is dus ’n onafhanklike beoordeling van ’n dier se genetiese samestelling.
Rasintegriteit en -samestelling Elke ras beskik oor sy eie unieke genetiese vingerafdruk, net soos elke dier ’n unieke DNS-patroon van sy ouers erf. Selektiewe teling oor baie generasies heen het daartoe gelei dat diere van dieselfde ras talle genetiese ooreenkomste deel en daarom natuurlik geneties saam groepeer. Deur die DNS-kode van ’n dier met ’n groot verwysingspopulasie (genomiesgetoetste diere wie se rassamestelling reeds bekend is) te vergelyk, kan elke ras
se bydrae tot die dier se genetiese samestelling as ’n persentasie beraam word. Die verwysingspopulasie dien as ’n maatstaf waarteen ander diere vergelyk word. Hoe groter en meer verteenwoordigend (divers) hierdie populasie is, hoe meer akkuraat kan die rassamestelling bepaal word. Dit verseker dat die natuurlike variasie binne elke ras vasgevang word, terwyl die unieke genetiese eienskappe van elke ras behou word. Daarom word die verwysingspopulasie noukeurig geëvalueer om te verseker dat elke ras deur diere verteenwoordig word wat werklik die genetiese kenmerke van daardie ras weerspieël. Deur die inligting van al die SNPmerkers te kombineer, kan die stelsel ’n dier se rassamestelling uiters akkuraat beraam. ’n Verdere metode om die verwysingspopulasie duidelik te illustreer en te evalueer, is hoofkomponentontleding (PCA). Hierdie illustrasie staan as ’n GeneBox bekend en stel die resultate driedimensioneel voor. Die kombinasie van akkurate verwysingspopulasies, …
The opening of the PDF. Download it above for the full document.