Publication

Funksionele doeltreffendheid bly boublok in seleksie

By JAPIE VAN DER WESTHUIZEN

Dr Japie van der Westhuizen bespreek die boublokke vir funksionele doeltreffende beeste

Download this publication

PDF · 149 KB

Download

From the document

Dr. Japie van der Westhuizen

Funksionele doeltreffendheid bly boublok in seleksie

rasse van Europese oorsprong vir hierdie baie belangrike kenmerke te selekteer sodat hulle ook beter aangepas is in Suider-Afrika se subtropiese toestande. Hulle kon dit regkry sonder om die hoër groeitempo wat eie aan Bos taurus-beeste is, prys te gee. Die eienskappe van albei tipes word ook gekombineer in saamgestelde rasse en raskombinasies.

Enige eienskap wat by plaasvee gemeet of waargeneem word, word beïnvloed deur die genoom van ’n dier (die gene wat die vervaardiging van proteïne beheer) en die effek van die omgewing op die uitdrukking van só ’n eienskap.

elfs in ’n nuwe era van akkurate genetiese meriete en teeldoelwitte moet kennis van funksionele doeltreffendheid ingespan word om gepaste diere te selekteer. Prakties beteken dit dat die dier se fisieke voorkoms, wat verband hou met funksie, seleksiebesluite op dieselfde wyse bepaal as die dier se genetiese meriete vir ekonomies belangrike eienskappe. Funksionele doeltreffendheid word dikwels beskryf aan die hand van: ■ Reproduksie. ■ Aanpasbaarheid. ■ Raam. Geslagshormone beïnvloed die skelet se groeipatrone en veranderinge aan liggaamsproporsies. Die bekende “wigvorm” (van die kant én van bo beskou) by verse en koeie wys op ’n goed gebalanseerde, vrugbare koei. Op hul beurt sal manlike bulle swaar voorkwarte toon met ’n donkerder haarkleur in dieselfde deel, langs die boonste lyn en op die onderste buikarea. ’n Funksionele, skoon uier met dun spene is ’n kenmerk van ’n funksionele koei, terwyl die korrekte anatomie van die skrotum, testes, epididimis (bybal) en skede by bulle op funksionaliteit dui.

Funksionele doeltreffendheid verseker vrugbare, aangepaste diere wat optimaal presteer in hul omgewing. FOTO: SA STAMBOEK beestipes beskryf word, naamlik die “metaboliese tipe” en die “respiratoriese tipe”. Hoewel die inheemse Suid-Afrikaanse beesrasse as Bos taurus geklassifiseer word en die verwagting is dat hulle meer metabolies van aard sal wees, is die teenoorgestelde dikwels waar en het hulle kenmerke met Bos indicus-beeste (van Indiese oorsprong) gemeen. Hierdie beeste se rib-area se vorm herinner aan ’n rugbybal met ribbes effens skuins agtertoe. Hulle het gewoonlik ’n goed ontwikkelde oogbank, ’n dun, beweegbare stert en ’n gespierde skof op die nek. Hulle is gewoonlik geskik

vir warmer klimate, as gevolg van ’n laer metaboliese tempo en slaag met die vertering van gras met ’n hoë hitte-inkrement (ekstra hitte tydens vertering). Aangepaste diere se metaboliese tempo is beter opgewasse teen hitte tydens vertering. Hulle raak makliker van liggaamshitte ontslae …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications