Die voorkoms van miostatien gene (mutasies) in Suid-Afrikaanse vleisbeesrasse word deeglik bespreek. Ook die invloed daarvan op dubbelbespiering
Download this publication
PDF · 977 KB · 24 downloads
From the document
Die voorkoms en effek van MSTN-mutasies in SA Stamboek-vleisbeesrasse Miostatien (MSTN) is ‘n proteïen wat die hoeveelheid spierselle in ‘n embrio reguleer. Miostatien wat verander of ‘gebreek’ is as gevolg van mutasies (onwillekeurige veranderings in die kode van gene) kan dubbelbespiering in diere veroorsaak. Sulke diere vertoon kenmerkend oorbespierd met min onderhuidse vet, ‘n fyner beenstruktuur en min kapasiteit weens onderontwikkelde longe en rumen. Drie soorte mutasies kom voor in die MSTNgeen wat die miostatienproteïen vervaardig (Figuur 1), naamlik: • Stil (silent) mutasies, waar die verandering geen verskil maak aan die miostatienproteïen nie. Voorbeelde is nt267, nt324, nt414 en nt748, ook bekend as die ‘groen’ gene. • Missense-mutasie. Veroorsaak ‘n verandering in die miostatienproteïen en
dit werk net gedeeltelik. ‘n Voorbeeld is F94L, wat as minder nadelig beskou word (blou gene). Nonsense-mutasie. Die miostatienproteïen is stukkend en veroorsaak erge dubbelbespiering. Voorbeelde is nt821, Q204X en E226X. Hierdie mutasies word as erg nadelig geklassifiseer (rooi gene).
Die SNP-skyfie wat SA Stamboek gebruik, toets vir 13 van die 21 bekende MSTN-mutasies. In Europa is dubbelbespiering by heelwat rasse gewens en daarom verskyn al die mutasies wat dubbelbespiering veroorsaak, en net vier van die stil mutasies, op die SNPskyfie. Sover is slegs drie van die nadelige (rooi) mutasies, een van die drie minder nadelige (blou) mutasies en al vier van die stil (groen) mutasies wat op die SNP-skyfie is, in Stamboekrasse gevind.
Figuur 1: Die bekende mutasies in die miostatien-geen (Dunner, 2003)
Die nadelige miostatienmutasies Omdat telers selektief toets en selde die hele kudde of lukraak toets, kan geen afleidings gemaak word oor die frekwensie van dubbelbespiering in die Stamboekrasse nie. Onder die SA Stamboek-vleisbeesrasse met minstens 100 genomiese toetse (Desember 2025), is die volgende gevind: • 34 752 diere van 20 rasse is genomies getoets vir al die nadelige miostatienmutasies. • 28 458 (82%) het skoon van die nadelige mutasies getoets. • 3 050 diere in 12 rasse is draers van nt821 (9%). • 2 711 diere in nege rasse is draers van Q204X (8%). • 456 (1%) in 14 rasse is draers van F94L. • Tien draers in een ras van E226X.
Die RPO – vir produsente, deur produsente
Daar kan meer as een nadelige of minder nadelige mutasie in ‘n ras voorkom: • nt821 is die dominante nadelige mutasie in nege van die 12 rasse waarin dit voorkom. • Q204X is die dominante nadelige mutasie in drie van die nege …
The opening of the PDF. Download it above for the full document.