Kan seleksie vir maternale teelwaardes swaarder lammers en beter kuddeprestasie oplewer? Dr Bernice Mostert verduidelik hoe ooie se genetiese vermoe om lammers groot te maak, die speengewig van hul nageslag beivloed, en waarom hierdie eienskap ook belangrik is by ramseleksie. Praktiese voorbeelde uit twee kuddes toon hoe maternale genetiese meriete en direkte speenteelwaardes verskillend tot uiting kom, en waarom telers vir n gebalanseerde, ekonomies volhoubare maternale vermoe selekteer.
Download this publication
PDF · 924 KB · 48 downloads
From the document
Maternale vermoë by kleinvee: Is seleksie sinvol? Deur dr Bernice Mostert
‘n Jong lam se speengewig word beïnvloed deur sy eie genetiese potensiaal om te kan groei, die omgewing en bestuur waaraan hy of sy blootgestel word, en die moeder se vermoë om goed vir haar lammers te sorg. Vir die lam is die moeder se vermoë om haar lammers groot te maak ‘n omgewingseffek op sy/haar groeitempo en kondisie. Die grootste faktore in die goeie grootmaak van lammers, lê in die melk wat ooie tydens soging vir hul lammers beskikbaar het. Hierdie moederlike vermoë het ‘n betekenisvolle genetiese onderbou, wat doeltreffend met seleksie verbeter kan word. Meet van moederlike vermoë Vir enige kudde, selfs waar ramme geteel word vir terminale kruisteling, is die vermoë van ramme om dogters met goeie maternale vermoë te teel, baie belangrik. Dit is omdat vervangingsooitjies geteel moet word vir die behoud en uitbreiding van kuddegroottes.
Maternale vermoë word gemeet deur elke ooi se lammers te vergelyk met die lammers van ander wat in dieselfde kontemporêre groep grootgemaak is en dus aan presies dieselfde omgewingstoestande blootgestel is. Hierdie inligting word ook gekoppel aan die prestasie van al die ooi se vroulike verwantes se lammers in die kontemporêre groepe waarin hulle lammers gespeen is. Alhoewel ‘n ram nie self lammers grootmaak nie, dra hy hierdie maternale genetiese vermoë in sy eie genetiese kode oor na sy nageslag (dogters en seuns). Wanneer ‘n jong ram se maternale genetiese vermoë dus voorspel word, bly hierdie voorspelling op sy midouerwaarde (gemiddeld van sy vader en moeder se genetiese vermoë), totdat sy dogters lammers gespeen het. Sy direkte speenteelwaarde word bepaal uit die speeninligting van sy lammers (eerste generasie). Dit is dus ’n vergelyking van sy lammers se prestasie met dié van ander lammers wat in dieselfde kontemporêre groep gemeet is. Op daardie stadium is daar egter nog nie veel ekstra inligting (behalwe die midouerwaarde) oor die gene wat so ‘n ram vir maternale waarde besit nie. Op grond van sy dogters se prestasie om lammers te speen (dus tweedegenerasie inligting) teenoor dié van die ander ooie wat lammers in dieselfde kontemporêre groep gespeen het, sal dan bepaal word of die ram ‘n swakker of beter genetiese komplement as sy ouers se gemiddeld vir maternale vermoë ontvang het. Praktiese voorbeelde Hierdie genetiese vermoë en die voordeel daaraan verbonde, kan met ‘n paar voorbeelde geïllustreer word. Dit wys hoe die genetiese …
The opening of the PDF. Download it above for the full document.