Publication

Geneties-meerderwaardige ramme in die Merino Landskaap-ras - Trailblazers

By Bernice Mostert 1 downloads

Hoe help genetiese evaluasies Merino Landskaap-telers om ramme te kies wat groei, moedereienskappe en reproduksie balanseer? Hierdie artikel beklemtoon die waarde van die Logix Meriete-indeks (LMI), wat BLUP-teelwaardes vir ekonomies-belangrike eienskappe kombineer. Twee uitstaande ramme word bespreek: NPJ 21 0012, met ?n LMI van 127 en sterk maternale eienskappe, en HP 20 0045, met ?n LMI van 121 en goeie groei- en reproduksieprestasie. Die artikel wys hoe betroubare rekords van groei, lamgetalle en speenprestasie telers help om ingeligte seleksiebesluite te neem en volhoubare genetiese vordering te bevorder.

Download this publication

PDF · 519 KB · 1 download

Download

From the document

Deur dr Bernice Mostert, SA Stamboek

TRAILBLAZERS Geneties-meerderwaardige ramme in die Merino Landskaap-ras Die Merino Landskaap het sy oorsprong in die Duitse Merinolandschaf, ’n ras wat gedurende die 18de en 19de eeu ontwikkel is deur Spaanse Merino’s met plaaslike Europese vleis- en dubbeldoelskape te kruis. Die doel was om ’n skaap te ontwikkel wat uitstekende wolproduksie met goeie groei, vrugbaarheid en vleisgehalte kombineer. Die Merino Landskaap is na Suid-Afrika ingevoer om aan produsente ’n meer veelsydige ras te bied wat onder uiteenlopende produksietoestande kan presteer. Die ras is veral gewild vir sy vermoë om hoë-gehalte wol te produseer, terwyl dit ook uitstekende moedereienskappe, goeie lamgroei en doeltreffende vleisproduksie lewer. Vandag word die Merino Landskaap in Suid-Afrika as ’n dubbeldoelras benut en speel dit ’n belangrike rol in volhoubare skaapboerdery, waar beide wol- en vleisinkomste van ekonomiese belang is.

Ekonomies-belangrike waardes SA Stamboek het in Augustus 2017 die eerste genetiese ontleding van die Merino Landskaap-ras gedoen. Speengewigte wat in die Ram NPJ 21 0012 is geteel deur en in die besit van HM Niemann van Ulco in die Noord-Kaap. Hy het 193 speennageslag in die betrokke kudde, waarvan 34 dogters reeds lammers gespeen het. Sy dogters se gemiddelde ouderdom by eerste lam is 22 maande, met ’n tussenlamperiode van 372 dae. Hy het agt kleinkinders wat uit sy seuns gebore is en 49 uit sy dogters. Dit blyk duidelik uit sy genetiese vlakke dat hy lammers produseer wat goed groei, sowel as dogters met besondere maternale vermoëns om hul lammers goed groot te maak en swaar te speen. Hy teel ook dogters wat vroeg geslagsryp is en die potensiaal het om vinnig weer dragtig te raak ná lam. Hulle het besondere hoë genetiese vlakke vir aantal lammers gespeen (116) en totale gewig gespeen (126). Dié ram teel dus nageslag wat ’n goeie balans tussen groei, maternale vermoë en reproduksie handhaaf, met ’n naspeense groei-indeks van 112, reproduksie-indeks van 125 en LMI van 127. Figuur 1: Genetiese profiel van NPJ 21 0012. Logix Meriete-indeks

evaluasies ingesluit is, strek terug tot 1990, met stambome wat tot 13 generasies diep is. BLUP (best linear unbiased prediction)-teelwaardes word vir verskeie groei en reproduksie-eienskappe beraam. Hierdie waardes word volgens hul ekonomiese belangrikheid in die Logix Meriete-indeks (LMI) gekombineer. Indien seleksie- en paringsbesluite dus op die LMI gegrond word, kan produsente verseker wees van ’n gebalanseerde genetiese verbetering in die volgende generasie. Volgens hierdie indeks is twee …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications