Publication

Voorloperramme in die Suffolk-ras - Trailblazers

By Bernice Mostert

Hoe kan genetiese evaluasies telers help om die beste Suffolk-teelramme te identifiseer? Hierdie artikel bespreek twee vooraanstaande ramme en wys hoe hul teelwaardes groei, maternale vermo¿n reproduksie kombineer in die Logix Meriete-indeks (LMI). Ram 284 21 0073 toon sterk groei ¿goeie reproduksie, terwyl Ram 301 20 0108 uitstaan vir vrugbaarheid en maternale eienskappe. Die artikel beklemtoon ook die waarde van genetiese koppeling tussen kuddes: wanneer ramme nageslag in verskillende kuddes het wat aan prestasiemeting deelneem, word die ras se genetiese rangorde meer betroubaar.

Download this publication

PDF · 652 KB

Download

From the document

Deur dr Bernice Mostert, SA Stamboek

TRAILBLAZERS Voorloperramme in die Suffolk-ras Die Suffolk-ras het sy ontstaan in Brittanje gedurende die 18de eeu, toe Norfolk-ooie met Southdown-ramme gekruis is. Die kruisings het goeie slagkarkasse opgelewer en teen 1910 was die Suffolk as ‘n ras gevestig. Danksy die gewildheid van die Suffolk se goeie gehalte vleis, het die ras vinnig deur die Britse Eilande versprei. Vandag kom die ras in al die prominente skaapproduserende lande voor. ‘n Britse majoor wat destyds naby Westminster in die

Vrystaat gewoon het, het in 1896 die eerste Suffolk-skape na Suid-Afrika ingevoer. Die Suffolk-skaaptelersgenootskap is in 1959 gestig en het vandag 41 lede.

Genetiese ontledings SA Stamboek het die eerste genetiese ontleding van die Suffolk-ras in Junie 2018 uitgevoer. Speengewigte wat in die evaluasies ingesluit is, strek tot 1999 terug, met stambome wat tot 13 generasies diep is.

Teelwaardes word vir verskeie groei- en reproduksie-eienskappe voorspel, en volgens hul ekonomiese belangrikheid in die Logix Meriete-indeks (LMI) gekombineer. Indien seleksie- en paringsbesluite op die LMI gegrond word, kan produsente verseker wees van ‘n gebalanseerde verbetering in die volgende generasie. Volgens hierdie indeks troon twee Suffolk-ramme bo die ander uit. Albei ramme is steeds aktief en prestasiegetoets.

Figuur 1: Genetiese profiel van 284 21 0073. Otterkuil Boerdery in die Noorder-Paarl het ram Logix Meriete-indeks 126 284 21 0073 geteel. Vandag is hierdie ram deel van Reproduksie-indeks 128 Naspeense groei-indeks 135 CJ Theron se kudde by Memel. Hy het 257 speenVoorspeense groei-indeks 119 nageslag in vier kuddes, waarvan 24 dogters uit drie Totale speengewig 129 Aantal lammers gespeen kuddes reeds lammers gespeen het. Sy dogters se 119 Naspeense groeivermoë 136 gemiddelde ouderdom by eerste lam is 20 maande. Sy Speen maternaal 104 dogters het 46 kleinkinders opgelewer en sy seuns 23. Speen direk 123 Voorspeen maternaal 100 Dit blyk duidelik uit sy genetiese profiel dat hy Voorspeen direk 110 lammers produseer wat voor en ná speen besonder Ouderdom by eerste lam 110 goed groei, en dat sy dogters oor voldoende maternale Interlamperiode 113 90 95 100 105 110 115 120 125 130 135 140 vermoëns beskik om hul lammers goed groot te maak Indeks en swaar te speen. Sy dogters is vroeg geslagsryp en het die potensiaal om weer vinnig dragtig te raak ná lam. Hulle het ook besondere hoë genetiese vlakke vir aantal lammers gespeen (119) en totale gewig gespeen (129). Hierdie ram teel dus nageslag wat ‘n goeie …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications