Die waarde was genomiese toetsing vir vleisbeeskuddes bied word deur Dr Japie van der Westhuizen bespreek
Download this publication
PDF · 562 KB · 69 downloads
From the document
Die waarde van genomiese toetsing by vleisbeeste Deur dr Japie van der Westhuizen
enomiese toetsing het die norm in toonaangewende beesvleisproduserende lande geword. Dit bied insig in individuele genetiese potensiaal en verhoog die akkuraatheid van genetiese voorspellings. Dit speel boonop ’n deurslaggewende rol in die opspoor van enkelgeenmutasies, hetsy dit nadelig of wenslik is. Dit stel telers uiteindelik in staat om genetiese risiko’s te bestuur en op ‘n meer doeltreffende wyse munt te slaan uit voordelige eienskappe. Genomiese kennis van ’n teeldier, veral ’n vleisbeesbul, verminder uiteindelik die produsent se besluitnemingsrisiko wanneer ’n bul aangekoop en gebruik word.
Verhoogde akkuraatheid Die insluiting van genomiese inligting verhoog die akkuraatheid (BLUP of best linear unbiased prediction) van genetiese meriete-voorspellings (beraamde teelwaardes of EBVs), veral vir eienskappe wat nie op manlike diere gemeet kan word nie, soos vroulike (dogter) vrugbaarheid, moederlike (melk) vermoë, kalfgemak en die produktiewe kuddelewe van vroulike diere. Die insluiting van genomiese inligting in hierdie voorspellings stel kopers dus in staat om meer ingeligte besluite op grond van objektiewe en betroubare data te neem. Kopers kan spesifieke eienskappe wat die bul waarskynlik aan sy nageslag sal oordra, identifiseer. Dit behels eienskappe soos vroulike vrugbaarheid, maternale vermoë, kalfgemak, groeitempo, voerdoeltreffendheid, karkas- en vleisgehalte, en selfs, in sommige gevalle, siekteweerstand. Dit help om ’n bul te kies wat aan voorafbepaalde teeldoelwitte voldoen. Genomiese toetsing maak voorsiening vir meer akkurate seleksie van voorkeurgenetika op ’n vroeër ouderdom, wat die generasie-interval (ouderdom wanneer
nageslag gebore word) verlaag en genetiese verbetering in die kudde versnel. Dit is veral die geval by eienskappe wat nie in manlike diere gemeet kan word nie, soos vers- en koeivrugbaarheid, maternale sorg en kalwingsgemak. Deur die bul se genetiese samestelling beter en vroeër in sy lewe te verstaan, kan kopers ongewenste eienskappe vermy, soos genetiese defekte wat veroorsaak word deur skadelike enkelgene, en lae genetiese voorspellingsakkuraatheid vir laag oorerflike eienskappe.
Voordele vir kopers Genomiese toetsing verminder dus die risiko vir genetiese defekte en swak prestasie in toekomstige nageslag. Dit is algemene praktyk om bulle te verkoop op ’n ouderdom wanneer geen van die maternale eienskappe van hul vroulike nageslag nog aangeteken is nie. Genomiese rekords van veilingsbulle versag hierdie risiko vir kopers. Genomiese data stel kopers in staat om elke bul beter by die koeie te pas, komplementêre eienskappe te optimaliseer en algehele kuddeprestasie te verbeter sonder dat genetiese diversiteit (variasie) weens hoë inteling verlore sal gaan. Metodologieë en berekeninge …
The opening of the PDF. Download it above for the full document.