Publication

Interpretasie van Kondisie-telling Teelwaardes - Merino Fokus

By Bernice Mostert 2 downloads

Hoe hou kondisie-telling verband met die genetiese potensiaal van Merino-skape vir groei, wolproduksie en reproduksie? Dr Bernice Mostert ondersoek die fenotipiese en genetiese verwantskappe tussen kondisie-telling en verskeie produksie-eienskappe, met behulp van data uit die Logix-genomiese ontleding. Die artikel toon waarom optimale kondisie, reproduksieprestasie en genetiese seleksie saam oorweeg moet word om ingeligte teelbesluite te ondersteun.

Download this publication

PDF · 759 KB · 2 downloads

Download

From the document

Interpretasie van Kondisie-telling Teelwaardes Inleiding

ie toekenning van punte vir die kondisie van kleinvee het reeds in die sestiger jare ‘n aanvang geneem in verskeie lande. Die wel-bekende voorgestelde 1 – 5 skaal van punte-toekenning vir hierdie eienskappe is in 1961 in die Tasmanian Journal of Agriculture gepubliseer. Dit is ‘n maklike en praktiese manier om diere se kondisie te evalueer sonder om van gespesialiseerde toerusting gebruik te maak. Verder omseil dit die probleem van liggaamsgewig wat ‘n kombinasie van gewig en kondisie is, en nie kan onderskei tussen ‘n groot-raam dier wat in ‘n swak kondisie is en ‘n kleiner-raam dier wat in ‘n goeie kondisie is nie. Verder word kondisie-punt beoordeling of -telling ook nie beïnvloed deur of die spysverteringskanaal van die dier gevul is of nie. Die dragtigheidstatus van die dier en die lengte en klamheid van die vag het wedersyds ook nie ’n invloed op kondisie-telling nie. Die aanvanklike doel met die toekenning van kondisie-telling was om (1) die kondisie en/of voeding van skape te kontroleer sodat beskikbare voedingsbronne meer doeltreffend benut kan word; (2) om klein verskille in kondisie van diere te kan vasstel, wat nie ooglopend op die diere waargeneem kan word nie; (3) om produsente in staat te stel om dadelik verliese in die kondisie van hulle diere te kan waarneem; en (4) om tendense in die voeding en liggaamsgewig van diere te kan waarneem. Deur die jare is verskeie studies op die verwantskap tussen kondisie-telling en produksie, sowel as reproduksie van kleinvee gedoen. Oor die algemeen bestaan daar ‘n lineêre (reglynige) tot nie-lineêre of krom-lynige verwantskap tussen lewendige gewig van diere en hulle kondisie-telling. Dit het gelei tot die ontwikkeling van handige formules waarmee die verandering in liggaamsgewig om kondisie-telling met een eenheid te laat verhoog, voorspel kan word. Hierdie formules verskil tussen rasse, waarskynlik as gevolg van verskille in liggaamsgrootte, konformasie, standaard verwysingsgewigte en verskille in vetverspreiding deur die liggaam. Gegewe dat dit akkuraat, en veral konstant op dieselfde wyse herhaalbaar gedoen kan word, is kondisietelling waarskynlik ‘n beter indikasie van die energie-reserwes van ‘n dier, in vergelyking met liggaamsgewig. Dit is dus meer akkuraat vir die voorspelling van totale liggaamsvet (uitgesluit vir vet-stert skape). Positiewe korrelasies is verder ook gevind tussen kondisie-telling en diepte en wydte van die oogspier (longissimus dorsi). Genetiese korrelasies tussen kondisietelling wat in middragtigheid gedoen is en lam oorlewing is vanuit verskeie studies as matig tot …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications