Publication

Wat maak sekere telers baanbrekers? Wat onderskei hulle van die res?

43 downloads

Hou ander dop, deel jou kennis, benut jou hulpbronne beter. Dr Japie van der Westhuizen

Download this publication

PDF · 188 KB · 43 downloads

Download

From the document

Deur dr Japie van der Westhuizen

TRAILBLAZERS Die faktore wat baanbrekertelers van die res onderskei

ierdie mening spruit uit ’n plaaslike en internasionale professionele veekundige loopbaan van 44 jaar. SA Stamboek het onlangs verwys na vyf belangrike dinge wat die organisasie nastreef en op die voorpunt plaas. Dieselfde tipe onderskeiding kan gemaak word om baanbrekertelers te tipeer. Waaraan word hierdie baanbrekers, of dan trailblazers, geken? ’n Baanbrekerteler besef dat, ongeag die sukses wat behaal word, hy of sy nie alle kennis in pag het nie. Dié tipe teler bly daarom ingelig, luister en leer. Prof Jan Bonsma het verwys na die ewige student wat uit ’n kabbelende stroom vars fonteinwater drink, versus iemand wat aanmekaar teruggaan na die stagnante poel toe. Omdat die voorlopers leergierig is, het hulle ’n goeie begrip van hoe die lem in die hef steek wat veeteling betref, wat in die bedryf aangaan, en wat die toepassings is vir nuwe wetenskaplike en tegnologiese ontwikkelings.

Ander hou jou dop Sodra jy voorloop, is daar outomaties ander wat jou doen en late dophou, krities evalueer en selfs nastreef. Die suksesvolle toepassing van die regte teelbeleid en die teeldiere wat aan medetelers en kommersiële produsente beskikbaar gestel word, illustreer die waarde van hierdie telers. Hierdie telers se produkte maak ’n positiewe verskil aan die volhoubare winsgewendheid by die produsente wat dit gebruik. Die produk kom dus met ’n waarborg en gemoedsrus.

Dit is logies dat ’n baanbreker nie net innoverend is nie, maar ook volhoubaar sy of haar mededingende voordeel behou. Die besef dat teling van produksiediere ’n langtermyn belegging is sorg daarvoor dat hierdie telers baie duidelike en spesifieke teeldoelwitte het en minimum vereistes toepas in die genetiese seleksie van hul teeldiere. Omdat so ’n teler verstaan wat die verbintenis tussen die bereiking van doelwitte en die hulpmiddels om dit te bereik behels, word enige kompromieë met die nodige omsigtigheid toegepas. Teeldiere wat aangebied word kom dus weliswaar met ’n waarborg vir die koper, wat hom of haar deel maak van hierdie teler se mededingende voordeel.

belê hulle tyd, energie en hulpbronne in die toekoms. Hulle is by plaaslike, nasionale en selfs internasionale liggame betrokke wat die belange van hul bedryf op die hart dra en veral sorg vir die volhoubaarheid daarvan. Hulle onderskei ook duidelik gemeenskaplike belange van eie belange. Selfs waar hulle van sienswyse met individuele rolspelers en organisasies mag verskil, vorm dit nie ’n belemmering …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications