Publication

Teelwaardes maak die speelveld gelyk - melkkoeie

By Bernice Mostert 59 downloads

Met teelwaardes kan mens appels met appels vergelyk omdat die effek of bydrae van die omgewing uitgeskakel word as die meriete van melkkoeie (en -bulle) vergelyk word.

Download this publication

PDF · 141 KB · 59 downloads

Download

From the document

Teelwaardes maak die speelveld gelyk Deur dr Bernice Mostert, genetikus, SA Stamboek

ie produksie van ’n melkkoei hang af van ouderdom, kalfseisoen, laktasienommer, laktasiestadium, dragtigheid, lengte van die voorafgaande tussenkalfperiode (TKP), voeding, temperatuur en bestuur. Haar genetiese potensiaal, bepaal deur haar ouers, beïnvloed natuurlik haar produksie ook betekenisvol. Hierdie faktore verskil tussen koeie wat saam gemelk word. Emma se gemiddelde 305-dae produksie is byvoorbeeld 5 655kg (by laaste deelname aan melkaantekeninge), met ’n melkteelwaarde (EBV) van +54kg. Blommie, wat saam met haar gemelk is, het ’n gemiddelde produksie van 4 920kg, maar ’n melk-EBV van +419kg. Emma is in September 2012 gebore en het reeds nege laktasies voltooi. Sy het op 30 maande haar eerste kalf gehad en ’n leeftydproduksie van 49 636kg behaal. Haar produksie per dag van lewe is 12,64kg en sy het een dogter wat reeds in haar derde laktasie is. Blommie is baie jonger (gebore Julie 2020) en in haar tweede laktasie. Haar ouderdom van eerste kalwing was 20 maande en sy het ’n leeftydproduksie van 8 128kg (6,57kg per dag van lewe). Toe die ondersoek gedoen is, was sy nog sonder dogters in melk. Omdat koeie gewoonlik hul beste produksie in die vierde en vyfde laktasie bereik, het Blommie nog nie die geleentheid gehad om haar volle potensiaal uit te druk nie.

Genetiese lyne Emma se vader, Richies Jace Tbone (’n Amerikaanse bul gebore in 2003), het 860 dogters in 67 kuddes in Suid-Afrika geteel. Sy melk-EBV is +27kg. Emma se moeder het tien laktasies voltooi en sewe dogters wat aan melkaantekeninge deelgeneem het.

Haar melk-EBV is beraam op +31kg. Emma se mid-ouerwaarde was dus +29kg, maar is op grond van haar eie en verwante prestasie aangepas na +54kg, wat aandui dat sy beter gene as die gemiddeld van haar ouers ontvang het. Blommie se vader, All Lynns Louie Valentino-ET (VSA, 2008), het 1 482 dogters in 67 kuddes in Suid-Afrika geteel. Sy melk-EBV is -129kg. Haar moeder is vir drie laktasies gemeet en het twee dogters in melkaantekeninge. Haar melk-EBV is +230kg. Blommie se mid-ouerwaarde is dus +388kg en is weens haar eie prestasie verder aangepas na +419kg – ’n baie hoër vlak as dié van Emma.

met die konteks waarin sy vergelyk is: Sy het baie jonk (20 maande) gekalf, was een van die laaste om in daardie jaar te kalf, en is reeds op 13 dae in melk getoets – terwyl ander …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications