Publication

Inteling en Lynteling

By Helena Theron, Bernice Mostert, Japie van der Westhuizen 28 downloads

Die reguit feite oor inteling, lynteling en ander paringstelsels deur Drs Helena Theron, Bernice Mostert en Japie van der Westhuizen

Download this publication

PDF · 1.6 MB · 28 downloads

Download

From the document

Inteling en lynteling Inteling verhoog die waarskynlikheid dat ’n dier twee kopieë van dieselfde geenvariant (alleel, of vorm van die geen) van ’n gemeenskaplike voorouer erf. Met ander woorde, hoe nader verwant die ouers is, hoe groter is die kans dat sekere gene in die nageslag in ’n homosigotiese (presies dieselfde) vorm voorkom. Daar bestaan steeds verwarring oor die verskil tussen inteling en lynteling. Daar word soms grappenderwys gesê dit is lynteling as dit werk, en inteling as dit nie werk nie. Ander wanopvattings is dat inteling slegs na uiterste parings soos broer x suster verwys, terwyl lynteling ouer x kind-parings sou wees. Hierdie sienings is nie geneties korrek nie. Beide hierdie parings is bloot vorme van inteling met hoë intensiteit en behoort in praktyk ten alle koste vermy te word. Wat is inteling? Inteling kan meer presies omskryf word as die paring van verwante individue wat die waarskynlikheid verhoog dat allele identies deur afstamming (identity by descent) is, en dus tot verhoogde homosigositeit (dieselfde weergawe van ’n geen van albei ouers gekry) in die nageslag lei. Inteling kom tot ‘n mate in alle rasse voor, veral in geslote populasies, waar geen nuwe teeldiere van buite die populasie ingesluit word nie. ‘n Belangrike punt om te onthou, is dat inteling nie iets is wat bloot ‘aan’ of ‘af’ is nie, maar ’n deurlopende proses is wat oor tyd opbou. Tabel 1: Inteling wat plaasvind vanuit spesifieke parings.

Paring Ouer x nageslag Volbroer x volsuster Halfbroer x halfsuster Gemeenskaplike grootouer Gemeenskaplike groot-grootouer

Inteling 25% 25% 12.5% 6.25% 3.125%

Die nadele van inteling Die primêre biologiese gevolg van inteling is verhoogde homosigositeit. Dit het verskeie belangrike implikasies:

Inteel-agteruitgang (inbreeding depression) Inteel-agteruitgang of inteelverval is een van die konsekwentste en breedsgedokumenteerde verskynsels in genetika, met bewyse uit honderde studies en verskeie grootskaalse meta-analises oor ’n wye reeks spesies. Tipiese gevolge sluit in laer vrugbaarheid, swakker lam-/kalfoorlewing, verminderde groeitempo en laer weerstand teen siektes. Hierdie effekte is veral duidelik in eienskappe met lae oorerflikheid, soos reproduksie en oorlewing.

Blootstelling van skadelike allele Populasies dra van nature ’n hoeveelheid resessiewe, nadelige mutasies. Inteling verhoog die kans dat hierdie allele in dubbele vorm in diere kombineer en dus tot uitdrukking kom.

Verlies aan genetiese diversiteit Inteling lei tot ’n afname in genetiese variasie (alleel-diversiteit). Dit beperk toekomstige seleksierespons, aanpasbaarheid tot veranderende omgewings en weerstand teen nuwe siektes.

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications