Publication

Die Nooitgedachter-oplossing - Logix fokus

By Helena Theron, Donne Kruger 1 downloads

Hoe kan telers inteling beperk en genetiese diversiteit in die Nooitgedachter-perderas bewaar sonder om sy unieke eienskappe te verloor? Hierdie artikel verduidelik hoe SA Stamboek se stamboomontleding en die optiSel-program verwantskappe met belangrike voorouers en bestaande genetiese lyne identifiseer. Logix se persentasies vir die vier belangrikste lyne help telers om ingeligte paringsbesluite te neem, terwyl goedgekeurde uitkruislyne gebruik kan word om genetiese diversiteit, vrugbaarheid en oorlewing te bevorder. Die doel is om ?n gesonde, funksionele Nooitgedachter te bewaar deur doelgerigte seleksie en noukeurige paringsbeplanning.

Download this publication

PDF · 151 KB · 1 download

Download

From the document

Die Nooitgedachter-oplossing Deur dr Helena Theron en Donné Kruger, SA Stamboek

oë vlakke van inteling raak onvermydelik wanneer alle potensiële ouers in ’n ras na aan mekaar verwant is. Wanneer inteling te hoog is, veroorsaak gekompromitteerde immuunstelsels en genetiese defekte dat minder nageslag gebore word en oorleef. Voordat hierdie stadium bereik word, behoort telers parings noukeurig vooraf te beplan. Ouer x kind, broer x suster en selfs een manlike dier wat met baie vroulike diere gepaar word, behoort glad nie toegelaat te word nie aangesien dit inteling in die nageslag dramaties verhoog en die aantal moontlike ouers vir die volgende generasie verminder.

Die Nooitgedachter-ras Die Nooitgedachter-perderas het in die 1950’s by die Nooitgedacht-navorsingstasie in Ermelo ontstaan uit ’n teelprogram vir inheems-aangepaste perde. Basoetoe-merries en -hingste is hoofsaaklik as basisdiere gebruik. ’n Onlangse bevolkingstudie deur SA Stamboek toon dat die hedendaagse Nooitgedachters tot ’n groot mate steeds verwant is aan die perde wat tussen 1952 en 1976 by die navorsingstasie geteel is. Sommige van die oorspronklike Basoetoemerries, asook een van die oorspronklike hingste, Vonk 2, speel steeds ’n belangrike genetiese rol in die ras. Vandag is daar meer as 600 lewende Nooitgedachters by SA Stamboek geregistreer. Hoewel heelwat teoretiese bespiegeling bestaan oor die vermindering of beperking van inteling, is die meeste daarvan onprakties. ’n Moontlike oplossing is die ontwikkeling van relatief onverwante teellyne, aangesien telers se gemeenskaplike doel is om die Nooitgedachter te bewaar

deur inteling te verminder en genetiese diversiteit te handhaaf. Dit is belangrik om die ras se unieke gene en eienskappe te bewaar en daarvoor te selekteer. Hierdie strategie moet ook fokus op die seleksie van gene wat met fiksheid en vrugbaarheid verband hou, omdat dit dikwels die eerste eienskappe is wat deur inteling verlore gaan. Dit kan bereik word deur onverwante diere van buite te kies en by die teelprogram in te sluit.

Die Nooitgedachter-lyne Telers het die Nooitgedachter-populasie in bestaande lyne en tipes verdeel. Belangrike voorouers in elke lyn is as ankerdiere gebruik, en die verwantskap tussen lewende diere en hierdie ankers is met behulp van die optiSel-rekenaarprogram bepaal. Die basis van die Nooitgedachter (N)-lyn bestaan byvoorbeeld uit perde wat tussen 1952 en 1976 by die Nooitgedachtnavorsingstasie gebore is. optiSel kan deur middel van stamboombydraes, die persentasie verwantskap tussen hedendaagse perde en hierdie oorspronklike Nooitgedachter-diere bereken. Die werkperdtipes bestaan uit taai, funksionele plaasperde met goeie uithouvermoë. Dit sluit die N-, Vonk 2 (V)-, Louise-Logan (L)-, Bkat-, …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications