Publication

Indeks sorg vir genetiese verbetering in koeikuddes

By Bernice Mostert 36 downloads

Die gebruik van genetiese selksie-indekse is die optimale genetiese seleksiemetode om vordering te maak na groter winsgewendheid. Deur noukeurige navorsing het Stamboek so 'n indeks beskikbaar gestel vir Holtein/Fries melkbeeste. Dr Bernice Mostert vertel meer.

Download this publication

PDF · 79 KB · 36 downloads

Download

From the document

Indeks sorg vir genetiese verbetering in koeikuddes Die totalemeriete-indeks wat vir Holstein-Friesland-kuddes saamgestel word wat aan SA Stamboek se produksiemeting deelneem, staan bekend as die Logix-meriete-indeks (LMI).

n hierdie indeks word genomies verrykte teelwaardes vir melk- en vastestofproduksie, uiergesondheid, vrugbaarheid, langlewendheid, doeltreffendheid en uier, hoewe en bene in ’n enkele syfer gekombineer om akkurate, gebalanseerde genetiese verbetering in die volgende generasie te verseker. Hierdie syfer is dus eintlik ’n saamgestelde ekonomiese waarde wat al die koste, asook die inkomste vir ’n Suid-Afrikaanse melkboer, saamvat. In ’n reuse-stap vorentoe word daar reeds etlike jare genomies verrykte teelwaardes vanuit SA Stamboek se Logixgenomiese ontleding beraam, waar koeie se eie prestasie in vergelyking met dié van hul kontemporêre groepe gekombineer word met die prestasie van alle verwante diere wat ook in kontemporêre groepe gemeet is. Die verskille wat dus tussen die diere wat in dieselfde kontemporêre groep gemeet is, bestaan, word aan genetika toegeskryf. Dit word gebruik vir alle diere van die populasie wat deur middel van SA Stamboek se genomiese seleksiediens gegenotipeer is. Die uitdrukking van die genetiese kode is dus gegrond op die Suid-Afrikaanse Holstein-Fries-populasie se metings, genetiese parameters (erflikhede en genetiese korrelasies), genetiese variasie en

genetiese vlakke wat die mees relevante inligting is vir die akkurate seleksie van diere deur die gebruik van genomika. Die vraag is dikwels hoedanig die Logix-meriete-indeks (LMI), ’n genetiese waarde wat geskoei is op die Suid-Afrikaanse kostestruktuur en die manier waarop melkboere vir hul produk vergoed word, koeie en bulle aandui op grond van hul werklike produksie, reproduksie en ander belangrike eienskappe wat tot winsgewendheid bydra. In die tabel kan gesien word hoe die fenotipiese (werklike onaangepaste metings) en genetiese vlakke van aktie-

we Holstein-Friesland-koeie wat ondergemiddelde (<88), gemiddelde (88-112) en bogemiddelde (>112) LMI-waardes het, verskil. Hieruit blyk dit dat, selfs met onaangepaste fenotipiese waardes, die koeie met top-LMI-waardes gemiddeld 9 kg meer melk per dag produseer, 0,23 kg meer bottervet/ dag, 0,22 kg proteïen/dag met gemiddeld 219 500 minder somatiese selle/ml. Hierdie diere kalf gemiddeld drie weke vroeër, met ’n 6,2% beter kans op oorlewing tot hulle die vierde keer gekalf het. Die grootste erosie vir die koeie in die top-LMI-groep

Fenotipiese en genetiese vlakke van aktiewe Holstein-Friesland-koeie met ondergemiddelde (<88), gemiddelde (88-112) en bogemiddelde (>112) LMI-waardes LMI < 88

Fenotipies Geneties Fenotipies Geneties Fenotipies Geneties Melk* (kg/dag)

*Gemiddelde oor eerste drie laktasies **Gemiddelde oor eerste drie kalfintervalle ***Oorlewing tot vierde kalf (%)

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications