Publication

Mag van die moederlyn: Top vroulike Boerboelgenetika - Trailblazers

By Marike Hillocks, Bernice Mostert 1 downloads

Kan genetiese data help om uitsonderlike teelwaardes in die Boerboelras te identifiseer en vir toekomstige geslagte te bewaar? Hierdie artikel gebruik Black Iron Rizzy, ?n Boerboelteef wat in 2023 in die VSA gebore is, as voorbeeld van die waarde van doelgerigte genetiese seleksie. Rizzy het bogemiddelde teelwaardes vir al die gemete eienskappe en uitstaande waardes vir agt belangrike eienskappe. Met drie werpsels en 17 hondjies wat almal oorleef het, toon sy reeds ?n positiewe bydrae tot die ras. Die artikel beklemtoon hoe teelwaardes en prestasie-indekse, saam met praktiese kundigheid, telers kan help om gesondheid, temperament, funksionaliteit en genetiese vooruitgang te bevorder.

Download this publication

PDF · 683 KB · 1 download

Download

From the document

Deur Marike Hillocks en dr Bernice Mostert, SA Stamboek

Mag van die moederlyn: Top vroulike Boerboelgenetika

ie Boerboel staan as ’n simbool van krag, lojaliteit en standvastigheid onder die wêreld se voorste waghondrasse. Hierdie indrukwekkende Suid-Afrikaanse ras het sy oorsprong in Europese setlaarshonde en geharde Afrika-honde, wat oor geslagte heen geteel is om gesinne, plase en vee teen bedreigings te beskerm. Die Boerboel is ontwikkel tot ’n hond wat nie net vir sy indrukwekkende krag en atletiese vermoë bewonder word nie, maar ook vir intelligensie, stabiliteit en sy buitengewone sterk band met die mense vir wie hy of sy lief is.

Die hond agter die prestasie ’n Baanbreker is iemand of iets wat nuwe rigtings aandui, standaarde stel en die weg vir ander baan. Om hierdie gesogte titel te kan dra, moet ’n dier – of dit nou ‘n reun of teef is – aan streng vereistes voldoen. In die Boerboelras is daar een so ’n uitsonderlike teef, genaamd Rizzy, wat in 2023 by die Black Iron Kennels in die Verenigde State gebore is. Sy Black Iron Rizzy. is ’n toonbeeld van selfvertroue, krag (Foto: Black Iron Boerboels) en wat dit verg om die edele karakter, standvastige temperament en persoonlikheid van die Boerboelras op ’n natuurlike wyse uit te dra. Haar indrukwekkende prestasie strek egter veel verder as bloot haar voorkoms. Sy verteenwoordig ook die eienskappe wat telers en eienaars die meeste waardeer: ’n korrekte, gebalanseerde liggaamsbou, goeie en gemaklike beweging, ’n stabiele temperament, en die natuurlike vermoë om huis en haard te beskerm. Soos wat van hierdie honde verwag word, bly sy altyd sterk met haar gesin verbind. Sy is ’n toonbeeld van die Boerboel se erfenis en doel, en haar nalatenskap sal in haar nageslagte voortleef.

Die data vertel die verhaal Die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging (SABBS) het aan Rizzy op die ouderdom van 14 maande ’n punt van 88,3% toegeken. Vir Boerboeltelers gaan dit egter oor veel meer as slegs fisiese voorkoms. Hoewel liggaamsbou, rastipe en algehele teenwoordigheid belangrik bly, berus moderne teling en die langtermyn verbetering van die ras ook op genetiese seleksie. Hulpmiddels soos genetiese meriete wat as beraamde teelwaardes (EBVs) bekend is, sowel as prestasie-indekse, bied waardevolle insig in die oorerflike eienskappe wat teelhonde aan hul nageslag sal oordra. Dit stel telers in staat om seleksiebesluite

met groter akkuraatheid, doelgerigtheid en vertroue te neem. Deur genetiese data met praktiese ervaring te kombineer, kan telers die eienskappe …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications