Publication

Room van die room - 2026 se Elite-melkkoeie - Trailblazers

By Suretha Francis, Japie van der Westhuizen 2 downloads

Wat maak ?n melkkoei werklik elite? Hierdie artikel verduidelik waarom volhoubare winsgewendheid nie net van ho¿elkproduksie afhang nie, maar van die balans tussen reproduksie, uiergesondheid, funksionaliteit, langlewendheid en genetiese meriete. Die drie 2026 Elite-koeie?uit die Ayrshire-, Jersey- en Holstein/Friesland-rasse?illustreer hoe bewese prestasie oor verskeie laktasies en betroubare rekords uitstaande diere identifiseer. Die artikel beklemtoon dat elite-melkkoeie praktiese teeldoelwitte bied: gesonde, vrugbare en aanpasbare koeie wat konsekwent produseer en ekonomies goed presteer.

Download this publication

PDF · 726 KB · 2 downloads

Download

From the document

Deur Suretha Francis en dr Japie van der Westhuizen, SA Stamboek

TRAILBLAZERS Room van die room: 2026 se Elite-melkkoeie

n moderne melkboerdery word die werklike waarde van ’n koei bepaal deur haar vermoë om konsekwent, doeltreffend en winsgewend oor verskeie laktasies te produseer. ’n Elitemelkkoei lewer nie net baie melk nie, maar handhaaf ‘n balans tussen reproduksie, gesondheid (veral uiergesondheid), funksionaliteit en genetiese meriete. Sy pas ook maklik by die produsent se produksiestelsel en omgewingsuitdagings aan.

Elite eienskappe Reproduksiedoeltreffendheid is die kern van ‘n volhoubare melkstelsel. Die ideale koei raak vinnig dragtig ná kalwing, benodig min kunsmatige inseminasie oor haar leeftyd, en handhaaf ’n tussenkalfperiode (TKP) na aan die biologiesekonomiese optimum. Reproduksie bly die eerste bousteen.

Gesondheid en robuustheid is ewe belangrik. Elite-koeie toon min produksiesiektes, veral mastitis, wat in die lae somatiese seltellings weerspieël word. Hulle is ook minder geneig tot metaboliese steurnisse soos asidose en ketose. Dit is belangrik vanuit ’n dierewelsynsperspektief én het ’n direkte impak op produksie, melkgehalte, premiepryse of pryspenalisasie en uiteindelik netto winsgewendheid. ’n Elite-koei lewer bogemiddelde melk met uitstekende vastestofsamestelling, veral vet en proteïen, en produseer hoëgehalte melk konsekwent oor verskeie laktasies. Laasgenoemde is belangriker as enkele uitskiet-prestasies. Eienskappe soos goeie been- en kloustruktuur, uiers wat hou en algemene aanpasbaarheid verseker dat sy produktief binne die produksie-omgewing bly. Haar teelwaardes is ’n noodsaaklike,

2026 se Trailblazers Ayrshire Meesuid JW 160100 van Jan Wessels (Napier) het reeds sewe kalwings gehad, met ’n gemiddelde TKP van 381 dae en ’n ouderdom by eerste kalwing van 32 maande. Sy is in 2016 gebore en handhaaf ’n LMI van 109, wat op volgehoue genetiese en funksionele meriete dui.

maar dikwels onderskatte, komponent. ’n Elite-koei se waarde lê in haar prestasie en vermoë om dié eienskappe aan haar nageslag oor te dra.

Erkenning van uitstaande koeie SA Stamboek ken jaarliks Elite-platinumtoekennings aan uitsonderlike melkkoeie in die Ayrshire-, Jersey- en Holstein/ Friesland-rasse toe. Om in aanmerking te kom, moes ’n koei minstens vyf laktasies voltooi en steeds aktief in die kudde wees. Volledige en betroubare prestasierekords is noodsaaklik, insluitend gereelde melktoetsdata. Vir ’n meer akkurate genetiese evaluasie moet beide ouers bekend wees. Genetiese meriete is ’n kernvereiste. Vir Ayrshire en Holstein/Friesland word die Logix meriete-indeks (LMI) gebruik, terwyl Jerseys volgens die SAINET-indeks geëvalueer word. In albei gevalle moet hul genetiese meriete bo die rasgemiddeld wees. Dit is hierdie kombinasie van ouderdom, funksionaliteit en genetiese meriete wat die Elite-platinumstatus ’n …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications