Hoe kan genomiese tegnologie die toekoms van Suid-Afrikaanse perdeteling versterk? Hierdie artikel verduidelik die oorgang van tradisionele mikrosatelliet-DNS-toetse na SNP-gebaseerde genomiese toetsing, wat meer betroubare ouerskapverifikasie moontlik maak, selfs wanneer moontlike hingste na aan mekaar verwant is. Die nuwe tegnologie bied ook geleenthede om nadelige genetiese variante te identifiseer, stamboomintegriteit te beskerm en ?n beter begrip van die land se perdebevolking se genetiese samestelling te ontwikkel. Die boodskap is dat genomiese toetsing ?n belangrike grondslag vir wetenskaplik gefundeerde teelprogramme en die bewaring van waardevolle bloedlyne bied.
Download this publication
PDF · 158 KB
From the document
Die toekoms van Suid-Afrikaanse perdeteling Deur Johan Griesel, genetikus, SA Stamboek
erdetelers en SA Stamboek het kragte saamgesnoer om ’n beter genetiese teelprogram vir die Suid-Afrikaanse perdepopulasie te ontwikkel. Hierdie benadering kan telers help om genetiese siektes te bekamp en diere met voortreflike genetiese meriete te teel – alles op grond van ’n duideliker begrip van die onderliggende genetika. Genomiese tegnologie en teelprogramme wat op genetika gegrond is, is nog relatief onderbenut in die SuidAfrikaanse perdebedryf. Telers wat wel hierdie strategieë toepas sal in die toekoms ’n mededingende voordeel geniet.
Van mikrosatelliete tot genomika Mikrosatelliettegnologie het in die vroeë 1990’s wêreldwyd veld gewen en is as ‘DNS-toetsing’ bemark, hoewel dit nie eintlik die onderliggende genetiese kode ondersoek nie. Dit meet eerder die lengte van spesifieke DNS-kodes, bekend as mikrosatellietareas. Deur die lengtes van dié areas te vergelyk, kan genetici ouerskap en identiteit bepaal. Hoewel hierdie benadering bygedra het tot die bevordering van die bedryf, het dit wêreldwyd verouderd geraak. Vervaardigers is tans besig met die uitfasering van die toerusting en rekenaarprogramme wat vir dié toetse benodig word. Die afgelope twee dekades het SNP-gebaseerde genomiese metodes die wêreldstandaard geword. SNP’s (enkelnukleotiedpolimorfismes) is merkers wat op spesifieke posisies in die DNS-volgorde voorkom en tot so ‘n mate tussen individue verskil, dat dit met vertroue aangewend word om DNSareas, gene en uiteindelik herkoms (en ouerskap) na te spoor. Anders as mikrosatellietmerkers wat DNS-lengte meet, dui SNP-data die werklike genetiese kode by ’n spesifieke ligging aan. Kennis van die
genetiese kode op ’n bepaalde punt op ’n dier, bied waardevolle inligting oor die omliggende DNS-kode.
Genomiese ouerskaptoetsing SA Stamboek het in 2013 genomiese toetsing vir die plaaslike veebedryf bekendgestel. Hoewel genomiese toetsing vir perde tot op hede nie beskikbaar was nie, word dié nuwe mylpaal nou ook bereik. Die Illumina Equine 80K Select BeadChip word in perdetoetsing gebruik en kan sowat 80 000 SNP-merkers lees – aansienlik meer as die 42 mikrosatellietmerkers wat tradisioneel gebruik word. Hierdie beduidende toename maak die toets baie meer betroubaar. Aangesien SNP’s direktevolgorde data uitwys, is dit ook meer bruikbaar as die lengte-gebaseerde data wat uit mikrosatelliettoetsing verkry word. Tradisionele DNS-toetsing kan faal met ouerskapbepaling tussen nou-verwante diere, soos wanneer moontlike hingste pa en seun of vol- en halfbroers is. Dit vereis boonop monsters van beide ouers en die nageslag, en kan ouerskap net met sekerheid uitsluit. Verder bied dit beperkte insig in ‘n dier se genoom en het …
The opening of the PDF. Download it above for the full document.