Publication

Genomika: Bloudruk vir 'n bokkudde - Logix Fokus

By Marike Hillocks 1 downloads

Hoe kan genomika boktelers help om beter seleksiebesluite te neem as voorkoms alleen nie die volle verhaal vertel nie? Deur Jannie se bokkudde as voorbeeld te gebruik, wys Marike Hillocks hoe genomiese toetsing verborge genetiese potensiaal, ouerskap, vrugbaarheid, melkproduksie en siekterisiko?s kan help identifiseer. Die artikel verduidelik hoe genomiese inligting saam met stamboom- en prestasiedata in Logix gebruik word om teelwaardes te verfyn en genomies-verrykte teelwaardes te ondersteun. Die kernboodskap: genomika vervang nie goeie boerderypraktyke nie?dit maak waarneming, meting en ervaring meer kragtig.

Download this publication

PDF · 152 KB · 1 download

Download

From the document

- Genomika: Bloudruk vir ’n bokkudde Deur Marike Hillocks, SA Stamboek

enomiese toetsing het nie net veeteling ingrypend verander nie, maar in der waarheid die toekoms van hierdie praktyk omvorm. Genomiese toetsing maak dit moontlik om die potensiaal wat in die genetiese kode van ’n dier opgesluit lê, te ontsluit. Dit word toenemend as een van die kragtigste hulpmiddels in moderne veeteling beskou. ‘n Beter begrip van elke dier se unieke genetiese bloudruk bied aan telers waardevolle insig oor belangrike eienskappe asook potensiële gesondheidsrisiko’s wat aan ongewenste gene gekoppel is. Dit stel hulle dan in staat om meer akkurate voorspellings te maak oor watter genetiese potensiaal die dier aan sy nageslag sal oordra. SA Stamboek se nuwe bokgenomikadienste bied aan telers ’n nuwe vlak van genetiese vordering: Beramings oor genetiese meriete word verder verfyn, stamboomintegriteit word beskerm, en dit is moontlik om belangrike draers van gewenste en ongewenste enkelgeenvariante (mutasies), wat verskille in waarnemings en prestasie in kuddes veroorsaak, tydig te identifiseer.

Wat is genomika? Elke bok se selle bevat ’n genetiese ‘handleiding’, oftewel sy DNS, wat die uitdrukking van eienskappe soos groeitempo, vrugbaarheid, melkproduksie, haarkleur en siekteweerstand bepaal. Dié eienskappe is gewoonlik kompleks van aard en word deur gene, sowel as omgewingsfaktore beïnvloed. Ons gebruik vir Jannie as voorbeeld. Toe hy aanvanklik bokboerdery op die been gebring het, het Jannie slegs op sy oog vertrou. Sy enigste seleksiekriteria was ’n stewige raam, ’n blink pels en ’n ooi wat sonder moeite tweelinge grootmaak. Maar ongeag al sy pogings, was daar altyd ’n verrassing: ’n Belowende jong ram sou swak nageslag produseer, of ’n ooi uit ’n

top genetiese lyn sou met vrugbaarheid sukkel. Hierdie wisselvallighede weerspieël egter ’n fundamentele biologiese werklikheid: Fenotipe is nie altyd ‘n akkurate voorspelling van genotipe nie. Aanvanklik het Jannie genomika afgemaak as iets wat nie op hom en sy boerdery van toepassing is nie. Hy het egter sommer vinnig geleer dat genomika nie iets is wat plase in laboratoriums of diere in proefkonyne verander nie. Dit is eerder ’n kragtige werktuig wat insig bied in jou diere se bestaande genetiese potensiaal en jou in staat stel om daardie inligting tot voordeel van jou plaas te gebruik. Produsente het tradisioneel die verskille in die uitdrukking van eienskappe beraam, deur die prestasie van diere en hul families waar te neem. Dit is goed saamgevat en geformaliseer toe dieregenetici ’n metode ontwikkel het om hierdie prestasieverskille tussen …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications