Publication

Genomika en data: Die kompas van stoettelery - Trailblazers

By Marike Hillocks

Hoe kan genomika stoettelers help om meer winsgewende en geneties beter kuddes te bou? Hierdie artikel wys hoe genomiese toetsing telers help om jong bulle met ho¿enetiese meriete vroe¿te identifiseer, paringsbesluite te verbeter en stamboomintegriteit te versterk. Dit beklemtoon die vordering wat Bonsmara-telers gemaak het, met voorbeelde van kuddes wat genomiese toetsing en noukeurige prestasiemeting kombineer, asook die geleenthede wat die KyD-inisiatief vir opkomende produsente bied. Die kernboodskap: genomika ondersteun ingeligte besluitneming, maar vervang nie akkurate prestasiemeting en rekordhouding nie.

Download this publication

PDF · 192 KB

Download

From the document

Deur Marike Hillocks, SA Stamboek

Genomika en data: Die kompas van stoettelery

ie sukses van ’n kudde in moderne stoettelery word nie meer deur tradisie alleenlik gedryf nie; vooruitgang is in der waarheid datagedrewe. Ingeligte bestuursbesluite raak al hoe belangriker namate druk in die bedryf toeneem. Genotipering stel telers in staat om verby die huidige te kyk en die genetiese potensiaal van hul kuddes te ontsluit, tesame met die voordele wat dit inhou. Genomika maak dus die onsigbare sigbaar.

Genetiese winsgewendheid Genotipering stel telers in staat om die winsgewendheid van hul kuddes binne bestaande bestuurstelsels te optimaliseer. Sodoende word verseker dat diere met hoë genetiese meriete akkuraat geïdentifiseer word, sodat telers met vertroue in toppresteerders kan belê en swakker presteerders kan uitskot. Die impak is veral duidelik by bulle, waar resultate vinnig sigbaar is en die invloed beduidend kan wees. ’n Enkele bul kan die genetiese rigting en dus die winsgewendheid van ’n kudde bepaal; daarom is die keuse van die regte bul baie belangrik. Deur jong bulle genomies te toets kan telers uitstaande stoetbulle vroeg identifiseer voordat groot uitgawes aangegaan word. Dit verminder die risiko om in ’n bul te belê wat indrukwekkend mag lyk, maar nie sy genetiese potensiaal aan sy nageslag kan oordra nie. Bulle wat genomies getoets is, het dikwels ’n hoër markwaarde danksy die deursigtigheid en betroubaarheid van hul genetiese inligting. Waar bultoetse vinniger resultate lewer, bied koeitoetse langtermyn stabiliteit en doeltreffendheid. Dit dra daartoe by dat die regte bulle met die koeie en verse gepaar word, en verbeter reproduksiedoeltreffendheid (vrugbaarheid). Dit skep oor tyd ’n kudde wat by die betrokke omgewing (plaas) en bestuurstelsel aangepas is.

In ’n bedryf waar winste dikwels onder druk is, kan selfs die kleinste genetiese vordering toekomstige betekenisvolle finansiële voordele inhou en verseker dat elke generasie in jou kudde vooruitgang maak.

Genomiese leierskap in aksie Talle kuddes uit rasse wat by SA Stamboek geregistreer is, gebruik genomiese toetsing as ’n teel- en bestuursinstrument. Wanneer plaaslike beesbevolkings geëvalueer word, oorheers die rasse met die grootste aantal diere natuurlik die gesprek. Die Bonsmara, met sowat 120 000 aktiewe teeldiere, is ’n uitstekende voorbeeld van telers wat ’n hoë vlak van genomiese toetsing toepas. Verskeie kuddes wat elk meer as 150 genotipeerde diere ouer as twee jaar het, dien as bewys van hul indrukwekkende toewyding tot datagedrewe teelpraktyke. ‘n Totaal van 6 625 Bonsmaras is tot op datum gegenotipeer. Vyf telers het …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications