Download this publication
PDF · 2.5 MB · 23 downloads
From the document
Die vermoede bestaan dat daar wel saam met hierdie haplotipes ook ander gene en kombinasies oorgedra word wat wel moontlike assosiasies met eienskappe kan veroorsaak. Daar mag in sommige rasse of kuddes wel onbekende verbintenisse wees met ander eienskappe, weens seleksie van vroeër jare of meer onlangs, wat haplotipes gevorm het, maar die effek is nie naastenby so groot soos met die nadelige mutasies nie. Die enigste afleiding is waarskynlik dat die groen gene nie dubbelbespiering veroorsaak nie. Die groen gene op ‘n rasbasis is dus tans waarskynlik net vir interessantheid. Gevolgtrekking Die erg nadelige MSTN-mutasies, nt821 en Q204x, is die volopste mutasies onder die SA Stamboek vleisbeesrasse, met nt821 wat in die meeste rasse voorkom. F94L kom ook teen baie lae frekwensies in heelwat rasse voor, maar het nie impak van nt821 en Q204X nie. E226X kom slegs in een ras voor en het met ingevoerde semen ingekom. Die groen gene het nie konsekwente assosiasies met produksie-eienskappe nie en veroorsaak nie dubbelbespiering nie. – Dr Helena Theron, Jason Reding en Marike Hillocks
Klimaatslim veeboerdery: Waarheen is ons op pad? Iets opwindends gebeur tans op Suid-Afrikaanse plase: Beeste verander in ‘genetiese eksperimente’ vir navorsers, weivelde word in koolstofsekwestrasiepoele omskep, en navorsing toon toenemend hoe die landbousektor nie net kos produseer nie, maar ook daadwerklik help om die planeet se klimaat te balanseer. Hierdie vooruitgang was duidelik tydens ’n klimaatswerkswinkel in Maart wat onder die vaandel van die land se Vleisbeesgenomikaprogram (BGP) in Pretoria gehou is.
Benewens die rol wat vee in voedselsekerheid speel, het prof Du Toit daarop gewys dat lewendehawe ook ’n belangrike kulturele rol op die kontinent vervul. Verder word sowat 80% van landbougrond in Suid-Afrika vir veeproduksie ingespan, wat die belangrike ekologiese rol van vee in die land onderstreep. Hy het bygevoeg dat metaan ’n natuurlike biologiese produk van herkouers se spysvertering is. Dit speel ’n belangrike rol in die stabiliteit van die rumen en kan daarom nie heeltemal uitgeskakel word nie.
Verskeie sprekers was aan die woord en het die agtergrond en doel van die BGP bespreek. Prof Linde du Toit, ’n senior lektor verbonde aan die Departement Veekunde van die Universiteit van Pretoria, het gesels oor die Qinisa-streeksprogram vir landbounavorsing oor kweekhuisgasse en klimaatsverandering in Suider-Afrika. Die navorsing fokus onder meer op die ontwikkeling van kweekhuisgasvrystellingsfaktore in Suid-Afrika, praktiese versagtingsmaatreëls vir produsente, asook veevoeding en klimaatsbestande produksiestelsels.
The opening of the PDF. Download it above for the full document.