Publication

Genomika dryf Senepol-teling - Trailblazers

By Jason Reding

Hoe help genomika Senepol-telers om meer akkurate seleksie- en paringsbesluite te neem? Hierdie artikel verduidelik hoe genotipering genetiese meriete, ouerskap en ekonomies belangrike eienskappe beter kan identifiseer. Dit bespreek die ontwikkeling van ?n Senepol-genomiese verwysingspopulasie, die toekomstige gebruik van genomies-verrykte teelwaardes (GEBV?s), en die bestuur van voordelige mutasies vir poenigheid en hitteverdraagsaamheid. Die artikel beklemtoon ook dat genomika prestasiemeting aanvul, terwyl dit telers help om vrugbaarheid, aanpasbaarheid, dierewelsyn en kuddewinsgewendheid te verbeter.

Download this publication

PDF · 198 KB

Download

From the document

Deur Jason Reding, SA Stamboek

TRAILBLAZERS Genomika dryf Senepol-teling Tradisie is lank nie meer die enigste maatstaf vir suksesvolle stoetteling nie. Data is die nuwe dryfkrag en namate uitdagings in die bedryf toeneem, word goed-ingeligte bestuursbesluite al hoe noodsaakliker. Genotipering laat telers toe om meer as net visuele eienskappe te oorweeg en die onderliggende genetiese potensiaal van hul kuddes te ontsluit. Op hierdie manier kan diere met werklike genetiese potensiaal geïdentifiseer word en kan kuddes vir beide prestasie en winsgewendheid geoptimaliseer word. Produsente kan nou met gemoedsrus in toppresterende vee belê en die swak presteerders vermy. Die impak van genotipering is veral belangrik by bulle, aangesien ’n enkele stoetbul honderde kalwers kan beïnvloed. Tyd en geld word bespaar deur jong bulle vroeg te toets en sodoende top teeldiere te identifiseer. Dit verlaag die risiko van ‘n belegging in ‘aantreklike’ diere wat uiteindelik nie presteer nie. Waar die toets van bulle onmiddellike voordele bied, dra die genotipering van vroulike diere eerder tot langtermyn stabiliteit en doeltreffendheid in die kudde by. Dit ondersteun beter paringsbesluite wat op sy beurt reproduksiesukses en vrugbaarheid bevorder. Mettertyd ontwikkel ’n kudde wat goed by die spesifieke omgewing en bestuurspraktyke aangepas is. In ’n bedryf met klein winsmarges dra selfs die kleinste genetiese verbeterings tot betekenisvolle vordering by.

Genomika in die praktyk Die Senepol-beestelersgenootskap van Suid-Afrika het beduidende vordering gemaak met genomiese toetsing om kuddeprestasie te verbeter. Die genootskap bou tans aan ’n genomiese verwysingspopulasie, en met meer as 500 gegenotipeerde diere uit meer as 25 teelkuddes en vyf lande, sal genomiesverrykte teelwaardes (GEBV’s) binnekort die norm wees. Senepol-telers in Suid-Afrika voer semen van bulle uit lande soos Australië,

Kanada, die Verenigde State, Namibië, en Puerto Rico in om die plaaslike genetiese diversiteit te verbreed en ekonomiesbelangrike eienskappe te verbeter. Genomiese toetsing van hierdie bulle laat telers toe om die ouerskap van kunsmatiggeïnsemineerde (KI) kalwers akkuraat te bevestig. Telers kan ook vasstel deur watter bulle die koeie wat nie suksesvol ge-KI is nie, gedek is. Daar was al gevalle waar genomiese ontledings selfs bestaande DNS-stambome as foutief uitgewys en die ware ouers geïdentifiseer het. Genomika is ’n meer akkurate metode om ouerskap te bevestig as tradisionele DNS-toetse wat slegs op waarskynlikhede dui. Hierdie vlak van akkuraatheid is belangrik in stelsels wat meer as een stoetbul gebruik. Dit geld veral waar hierdie bulle aan mekaar verwant is, aangesien dit korrekte vaderlyne uitwys en sodoende die akkuraatheid van teelwaardes …

The opening of the PDF. Download it above for the full document.

Share:

Related publications