Opkomende Boer van die Jaar

Joseph Ntsele en Deon Richter by Joseph se vee.
As plaasbestuurder by Thabaphaswa, die Nguni-teler Deon Richter se bees- en ekotoerisme-plaas naby Mokopane, het Joseph die afgelope paar jaar
Deon se ontwikkelingsinisiatiewe vir opkomende boere so veel moontlik benut om sy doel as Nguni-teler te bereik.
Joseph het die geleentheid aange-gryp toe Deon hom in 1998 werk aangebied het op 'n plaas wat hy toe pas in die Limpopo gekoop het. Joseph vertel hoe hy sy kudde destyds begin het, met slegs een koei wat hy by Deon gekoop en oor 'n tydperk afbetaal het. Vandag is Joseph 'n geregistreerde Nguni-teler en ook lid van die LNR se Prestasie-aantekeningskema.Hy het tans vyf bulle in Fase D-prestasietoetse, terwyl sy kudde uit sowat 30 geregistreerde diere bestaan.
Joseph verkies Ngunis aangesien die ras in Afrika ontstaan en ontwikkel het. 'Ngunis is goeie, sterk beeste. Hulle kry nie so swaar in die berge nie,' sê hy. Thabaphaswa is 'n bergplaas, waar die beeste besonder goed aangepas het by die ruwe terrein. Joseph is ook beïndruk met die beeste se bestandheid teen siektes, veral hul weerstand teen bosluise en gepaardgaande siektes. Ngunis se vrugbaarheid en lang produktiewe lewe is ook 'n belangrike ekonomiese faktor, sê Joseph.
Kliek hier vir volledige artikel
|
SA Stamboek / Landbank Toekenning
SA Stamboek / Unistel Toekenning - Opkomende boer van die jaar
CEVA / SA Stamboek Voortreflikheidstoekenning
SA Stamboek Beste Jaarverslag toekenning
SA Stamboek Webblad van die jaar toekenning
SA Stamboek Teler Webblad van die jaar toekenning
|