SKAAP DAG TE AFRI-DOME, PARYS
21 JULIE 2010 om 10:00
ENIGE NAVRAE KONTAK:
Mark Gietzmann - Selfoonnommer: 082 557 9978



Ile de France Ras Promosie Veiling
15 April 2010 om 11:00
Afslaers: BKBLOUWID
Plek: Bloemfontein Skougronde
Navrae: Jan Mostert - Selfoonnommer: 083 306 8408
40 stoet ramme
70 stoet ooie
30 kommersiële diere
 
Home
Introduction
Members List
Council
National Championship
Auctions
For Sale
History
Results
Events 2010
La Version Francaise
Application Form
Fee Structures
LNR - Fee Structures
Clubs
Fits like a glove
Newsletters
Links
Meat Cuts'
Carcass Competitions


The Ile de France
Sheep Breeders' Society

P O Box 3776
Bloemfontein, 9300
Tel. (+27) 51 410 0900
Fax (+27) 51 448 4220
Email: june@studbook.co.za

History

Kliek op die artikel om te vergroot:





Dr. FN Bonsma
(SA Stamboekvereniging, 1971)

Dr.JH Hofmeyr
Gedurende 1972 - 1973 is daar privaat invoere gedoen en is gevolg deur verdere invoere wat Nasionale kampioene uit Frankryk ingesluit het. Vanaf 1974 het Ile de France telers as direkte lede by die Suid-Afrikaanse Stamboekvereniging aangesluit en hul skape begin registreer. In 1975 is die Ile de France telersklub gestig met Mnr. JD Weir as eerste voorsitter. Die Ile de France telersgenootskap is in 1980 gestig met Mnr. Weir as die eerste President. Gedurende hierdie tyd het die genootskap 'n telersgetal van 45 gehad met 1464 geregistreerde diere. Die ras het baie vinnig gegroei totdat daar meer as 400 telers met 12 000 diere was. Die genootskap het egter ook 'n laagtepunt bereik met 34 telers en minder as 3000 diere. Dit het egter intussen weer verbeter.


Gewensde eienskappe van die basisrasse waaruit die Ile de France skaapras geteel is:

Rambouillet-skaapras

Rambouillet sheep (Anon., 2003)

Oorsprong:

  • Hierdie skape is oorspronklik geteel van Spaanse Merinos op die Franse plaas Rambouillet, naby Parys.

    Kenmerke:
  • 'n Fyn, sagte wol en is van die belangrikste skaaprasse in die wolindustrie. Hierdie skape is groot en spierkragtig en is bedek met wol oor die liggaam.



  • Dishley Leicester

    Dishley Leicester

    Oorsprong:

  • Afkomsig van Dishley in Engeland.

    Kenmerke:
  • Was 'n baie populêre vaderras in kruisteleing.
  • Goeie kwaliteit wol.
  • Vermoë om op vroeë ouderdom vinnig gewig aan te sit.
  • Gehard t.o.v ekstreme klimaatsomstandighede
    (Naional Sheep Breeders' Association, 1968, bl. 56)



  • Mauchamp
    (Vandag bekend as die Merino Précoce)

    Mauchamp

    Oorsprong:

  • Mauchamp in Frankryk

    Kenmerke:
  • Syagtige tipe wol wat op 'n stadium baie gewild was.
  • Moes egter plek maak vir fyner tipes wol.
    (Quittet 1965, bl. 68)



  • Cotentin

    Cotentin

    Oorsprong:

  • Frankryk

    Kenmerke:
  • Besonder gehard
  • Vinnige groeisnelheid
    (Quittet 1965, bl. 48)



  • Die rol wat die Ile de France speel in kruisteling:
    Die Ile de France-ram dra sy uitsonderlike bouvorm, spieronwikkeling, vinnige groeitempo, en vroeë geslagsrypheid oor na sy nageslag as 'n dominante faktor. Hierdie kenmerke is grootliks daarvoor verantwoordelik dat die Ile de France-ram in groot aanvraag is by slaglamproduseerders. Hierdie slaglammers is swaarder en 'n beter vetverspreiding word verkry. Daar is ook 'n groot aanvraag na Ile de France kruisooie en wel as gevolg van hul vrugbaarheid, goeie melkproduksie en uitsonderlike moedereienskappe. (Ile de France Breeders' Society of South Africa, 2004)


    Ile de France Sheep Breeders' Society of SA © 2010
    These pages were developed and are being maintained by
    The South African Stud Book and Animal Improvement Association