|
History
|
Kliek op die artikel om te vergroot:
|

Dr. FN Bonsma
(SA Stamboekvereniging, 1971)
|

Dr.JH Hofmeyr
|
|
Gedurende 1972 - 1973 is daar privaat invoere gedoen en is gevolg deur verdere
invoere wat Nasionale kampioene uit Frankryk ingesluit het. Vanaf 1974 het
Ile de France telers as direkte lede by die Suid-Afrikaanse Stamboekvereniging
aangesluit en hul skape begin registreer. In 1975 is die Ile de France telersklub
gestig met Mnr. JD Weir as eerste voorsitter. Die Ile de France telersgenootskap is in 1980
gestig met Mnr. Weir as die eerste President. Gedurende hierdie tyd het die genootskap
'n telersgetal van 45 gehad met 1464 geregistreerde diere. Die ras het baie vinnig
gegroei totdat daar meer as 400 telers met 12 000 diere was. Die genootskap het egter
ook 'n laagtepunt bereik met 34 telers en minder as 3000 diere. Dit het egter
intussen weer verbeter.
|
|
Gewensde eienskappe van die basisrasse waaruit die Ile de France skaapras geteel is:
|
|
Rambouillet-skaapras
|

Rambouillet sheep (Anon., 2003)
|
Oorsprong:
Hierdie skape is oorspronklik geteel van Spaanse Merinos op die Franse plaas Rambouillet, naby Parys.
Kenmerke:
'n Fyn, sagte wol en is van die belangrikste skaaprasse in die wolindustrie. Hierdie skape is groot en spierkragtig en is bedek met wol oor die liggaam.
|
|
Dishley Leicester
|

Dishley Leicester
|
Oorsprong:
Afkomsig van Dishley in Engeland.
Kenmerke:
Was 'n baie populêre vaderras in kruisteleing.
Goeie kwaliteit wol.
Vermoë om op vroeë ouderdom vinnig gewig aan te sit.
Gehard t.o.v ekstreme klimaatsomstandighede
(Naional Sheep Breeders' Association, 1968, bl. 56)
|
Mauchamp
(Vandag bekend as die Merino Précoce)
|

Mauchamp
|
Oorsprong:
Mauchamp in Frankryk
Kenmerke:
Syagtige tipe wol wat op 'n stadium baie gewild was.
Moes egter plek maak vir fyner tipes wol.
(Quittet 1965, bl. 68)
|
|
Cotentin
|

Cotentin
|
Oorsprong:
Frankryk
Kenmerke:
Besonder gehard
Vinnige groeisnelheid
(Quittet 1965, bl. 48)
|
|
Die rol wat die Ile de France speel in kruisteling:
|
|
Die Ile de France-ram dra sy uitsonderlike bouvorm, spieronwikkeling, vinnige
groeitempo, en vroeë geslagsrypheid oor na sy nageslag as 'n dominante faktor.
Hierdie kenmerke is grootliks daarvoor verantwoordelik dat die Ile de France-ram
in groot aanvraag is by slaglamproduseerders. Hierdie slaglammers is swaarder en
'n beter vetverspreiding word verkry. Daar is ook 'n groot aanvraag na Ile de France
kruisooie en wel as gevolg van hul vrugbaarheid, goeie melkproduksie en uitsonderlike
moedereienskappe. (Ile de France Breeders' Society of South Africa, 2004)
|
|
|