indigenous cattle - South Africa
Presidents Report

Presidents Report 2011 / 2012

Die jaar 2012 sal nooit vergeet word nie. Die Olimpiese spele is in London gehou, n reuse sukses. So ook die Paralimpiese spele, weereens ‘n sukses verhaal en so ook vir ons eie atlete, wat met uiterste deursettingsvermoë die bykans onmoontlike vermag en trots op die podium staan, vir die wêreld om te sien “hulle kan”.

Vleispryse was deurgaans onder druk en is daar,in vergelyking met 2011, laer pryse gehandhaaf deur die grootste deel van 2012. Suidelike Afrika het probleme met bek-en–klouseer wat die uitvoer na die Europese Unie gereëld kortwiek, dit lei dan ook tot invoer van vleis vanaf buurlande, Botswana en Namibië, wat groter druk plaas op die produsent om die verhoogde lewenskoste te akkommodeer. Deur verbeterde reklame met finansies beskikbaar, het die Genootskap daarin geslaag om die sigbaarheid van die Drakensberger te verhoog en word die handelsmerk meer bekend. Hierdie is tot voordeel van ALLE TELERS VAN DRAKENSBERGER BEESTE, NIE NET STOETTELERS NIE.

Die vordering van die wetenskap, veral op die gebied van genomika, stel die teler voor nuwe uitdagings. Historiese standaarde se meriete moet takseer word, die geldigheid en waarde daarvan moet analiseer word en indien veranderinge nodig blyk te wees, moet dit aangebring word. Die kompeterende aard van beesteling soos dit tans daar uitsien, noop ons om streng kompeterend te wees, en stel ons voor nuwe uitdagings. Die uitbreiding van die Drakensberger beesras getalle is van kardinale belang,die bewerkstelliging daarvan lê opgesluit in die hande en handelinge van elke individu wat kontak het met die unieke beesras waarmee ons vereenselwig word.




Presidents Report 2010 / 2011

Hiermee 'n verslag rakende die doen en late van die Raad en die Genootskap ten opsigte van die jaar 2010-2011.

Sektore van die Landbou-ekonomie wat ons positief beïnvloed het, is hoër graanpryse en `n stewige styging in vleispryse. Speenkalfpryse het ongekende hoogtes bereik.

Op politieke gebied maak die ANC Jeugliga se leiers verskeie omstrede uitlatings ten opsigte van grondvergrype, nasionalisering van bates soos myne en bankgroepe en lewer kritiek teenoor die ANC, Botswana en Swaziland. Swak leierskap van die ANC-regering is `n werklikheid. Die Ministerie van Landbou was`n stille stem.

Mynboubedrywighede, minagting van die omgewing en plaasaanvalle bly `n groot bekommernis. Ander negatiewe faktore sluit in verhoogde kragtariewe, verswakte infrastruktuur, swak dienslewering, korrupsie en die aanblaas van rassehaat.

Hierdie jaar was weer eens gevul met vele aktiwiteite. Opofferings is deur baie van ons lede gedoen om ons ras te promoveer, te verbeter en uit te brei. Positiewe betrokkenheid van baie lede is ervaar, veral vanaf buite die Raad.

Die Drakensberger as beesras met sy unieke vermoë om as veld- en voerkraalbees te presteer het sy plek in die mark deeglik volgestaan. Drakensberger kalwers was oral in aanvraag. Ons kan tans nie in die aanvraag na Drakensberger vroulike diere voorsien nie. Die Drakensberger koei as moederlyn en die aanpasbaarheid van die ras moet meer aandag kry. Ek doen`n beroep op alle telers om, waar moontlik, speenverse te behou en waarde toe te voeg deur die verse dragtig te maak en dan aan te bied. Ons kan tans nie in die aanvraag voorsien nie.

Spesiale melding ten opsigte van die reklame van ons Ras moet gemaak word. Baie dankie aan dr. Johann Fourie. Uitstekende werk is gedoen en kan gesien word in die lewendige belangstelling in ons beeste asook die styging in getalle.




Presidents Report 2009 / 2010

Dit is vir my `n groot voorreg om aan u verslag te doen van die Raad se werksaamhede ten opsigte van die jaar 2009-2010.

Die sokker wêreldbeker het gekom en ook gegaan met geen werklike voordele wat dit vir ons gewone burgers nagelaat het nie behalwe met Wêreldklas stadions wat ons nog baie geld gaan kos en waarskynlik in “wit olifante” sal verander. Ons leef in `n tyd waar die politieke leiers meer in die Buiteland is terwyl Suid-Afrika “brand”. Looneise bo inflasie en landswye stakings het `n negatiewe invloed op die land se ekonomie. Ander negatiewe faktore is: verhoogde kragtariewe, verswakte infrastruktuur, swak dienslewering en korrupsie. Sektore van die Landbou ekonomie wat ons beïnvloed het is lae graanpryse, `n matige styging in vleispryse. Uitsprake ten opsigte van grondeise, nasionalisering van bates, mynbou bedrywe en plaasaanvalle bly `n groot bekommernis.

Hierdie jaar was weereens gevul met vele aktiwiteite. Opofferings is deur baie van ons lede gedoen om ons Ras te promoveer, te verbeter en uit te brei. Positiewe betrokkenheid deur baie lede is ervaar veral vanaf buite die Raad.

Die Drakensberger as beesras met sy unieke vermoë om as veld- en voerkraal bees te presteer het sy plek in die mark deeglik volgestaan. Negatiewe berigte teenoor die Drakensberger in die voerkraal het baie van ons tyd in beslag geneem en is `n student, me Mia Niemand, tans besig met haar M-graad oor “Die Drakensberger in die Voerkraal - mites of waarhede”. Die Drakensberger koei as Moederlyn en die Ras as “inheems” moet meer beklemtoon word.

Spesiale melding moet gemaak word van die reklame van ons Ras. Baie dankie aan dr. Johann Fourie. Uitstekende werk is gedoen en kan gesien word deur die belangstelling in ons beeste.




Feedlot performance of the Drakensberger in comparison with other cattle breeds

The aim of this study was to compare the growth performance and incidences of health disorders of the Drakensberger breed to the collective total of all other beef breeds in feedlots. Results from Phase C performance tests at the centres, as well as historical growth and health data were gathered from a number of feedlots. There seem to be no significant differences in the occurrence of metabolic disturbances and other diseases between Drakensbergers and other breeds.

Click on this link to read the complete dissertation.



Drakensberger steak by Local Grill video:

Click here to watch this video on YouTube.

www.landbou.com/bedrywe/diere/restaurateur-eet-drink-en-slaap-beesvleis

Indigenous Drakensberger Beef available at the Local Grill during March 2013. Drakensberger beef performed so well during the Ultimate beef challenge that the month of March is dedicated to Drakensberger beef at the Local Grill. Click on this link to visit the Local grill.

Home grown Drakensberger beef at Local Grill for the month of March


Inheemse Drakensberger vleis beskikbaar by die Local Grill gedurende Maart 2013. Drakensberger vleis het so goed gedoen gedurende die Ultimate Beef challenge dat Maart maand gewei word aan Drakensberger vleis by die Local Grill. Klik hier om die Local Grill te besoek.



Verblyf / Accommodation

Bespreek nou jou verblyf vir die 2013 Nasionale Drakensberger veiling - 26 April by Parys AfriDome
Kliek hier

Book your accommodation now for the 2013 National Drakensberger Auction - 26 April at Parys AfriDome
Click here


Neuman Brothers - Molatek 2012 Stockman of the year! / Neuman Broers - Molatek 2012 veeboer van die jaar!
Read more / Lees meer...



Read the latest President's report by clicking here.

Die jaar 2012 sal nooit vergeet word nie. Die Olimpiese spele is in London gehou, 'n reuse sukses. So ook die Paralimpiese spele, weereens 'n sukses verhaal en so ook vir ons eie atlete, wat met uiterste deursettingsvermoë die bykans onmoontlike vermag en trots op die podium staan, vir die wêreld om te sien "hulle kan".



Ultimate Beef Challenge
Kliek hier / Click here



All Content Copyright © 2013 Home Page | Contact Us | Auctions & Sales 2013