Highlights  

NASIONALE DORMER VEILING 2012

Die Dormer Nasionale veiling was weer in Bloemfontein aangebied op 6 September 2012. Top diere het onder die hamer gekom met 'n totale omset van R1,316 400-00. Ooie aangebied 80; verkoop 76. Ramme aangebied 69, verkoop 66.

Duurste ram: R66 000-00
Verkoper: JA Barnard, Johanri van Lindley
Koper: AD Jordaan, Jor Dormers van Cradock

Duurste ooi: R13 000-00
Verkoper: Me. M.F. Hanekom van Malmesbury
Koper: Jalico Dormers van Bloemfontein

Gemiddelde prys ramme: R14 884-00
Gemiddelde prys ooie: R4 492-00

Aangebied deur CMW-Elite
Afslaer: Koos Visagie




NASIONALE DORMER VEILING 2011

Op 2011.09.01 is die Nasionale Dormer veiling te Bloemfontein aangebied. Top diere het onder die hamer gekom met ‘n verkoopspersentasie van 100% vir die ooie en 91% vir die ramme. Die omset van die veiling het R1.310 000 beloop.

Duurste ram: R100 000
Verkoper: D.C. van Zyl van Swellendam
Koper: D.H.S. Lambrecht, Rooihek Dormers Amersfoort

Duurste ooi: R20 500
Verkoper: Me. M.F. Hanekom van Malmesbury
Koper: Waters familie Trust

Gemiddelde prys ramme: R14 903.85
Gemiddelde prys oop ooie: R6 685.48
Gemiddelde prys dragtige ooie: R8 854.17
Gemiddelde prys ooi + lam: R9 604.17

Aangebied deur CMW-Elite
Afslaer: Alan Sinclair




Molatek Veeboer van die Jaar



Kliek op die foto vir 'n groter weergawe


Intervet / SA Stamboek Voortreflikheidstoekenning

Die laaste paar jare het die Dormer telers 'n hele paar finaliste asook wenners opgelewer met die CEVA / SA Stamboek Voortreflikheidstoekenning.

Baie geluk aan die volgende persone:

Finaliste:
2011 - MF Hanekom (Rhenosterbosrug)
- Dr CW Scholtz (Nova Barletta Boerdery)
2009 - J Swart (Kinko Dormers)
2007 - I Niehaus (Iremey Dormers)
  - C Nel (Eversar Dormers)
  - J Theron (Dormica Dormers)
2006 - J Theron (Dormica Dormers)
2005 - RM van Wyk (Eastry Dormers)
  - DC van Zyl (Droërivier Dormers)
2004 - DC van Zyl (Droërivier Dormers)
2003 - J Swart (Kinko Dormers)

Wenners:
2010 - A Jordaan (JOR Dormers)
SA Stamboek & CEVA Voortreflikheidstoekenning - kleinvee
Kliek hier vir artikel
2009 - CP van Rooyen
SA Stamboek & CEVA Voortreflikheidstoekenning - kleinvee
Kliek hier vir artikel
2008 - CP Groenewald
SA Stamboek & CEVA Voortreflikheidstoekenning - kleinvee
Kliek hier vir artikel
2006 - DC van Zyl (Droërivier Dormers)

SA Stamboek & CEVA Voortreflikheidstoekennings 2009
Wenner Kleinvee

Mnr. CP van Rooyen - Wenner van die SA Stamboek & CEVA Voortreflikheidstoekenning vir kleinvee 2009

'n Beloning sonder weergawe!!

ooie

'n Dormerooi, AP01.183, van die Rhenosterbosrug Dormerstoet het haar eienaar, mev Erika Hanekom, op 18 April 2004 verras met 'n vierling (twee ramme en twee ooie). Wat hierdie gebeurtenis egter so uniek maak, is dat die vierling geen ekstra melk sedert geboorte ontvang het nie en deur die ooi gesoog is tot speen, op vier maande.


ooie2

Dormer Sheep Breeders' Society of SA © 2013
These pages were developed and are being maintained by
The South African Stud Book and Animal Improvement Association