Nuweland Dormers presteer
Ewan Louw van Nuweland Dormers het met die afgelope Swartlandskou se karkaskompetisie besonder goed gevaar deur 'n wenlam met 'n punt van 99.4% op te lewer uit 120 lammers wat ingeskryf het. Die karkas van 21.5kg is met afloop van die prysuitdeling opgeveil vir R6000 (R279/kg)aan Moorreesburg Abattoir Ewan het met die volgende pryse wegestap.
Kampioen slaglam op die hoef.
Kampioen groep slaglammers op die hoef.
Derde groep slaglammers op die hoef
Kampioen slaglam aan die haak (99.4%)
Reserwe kampioen aan die haak (98.24%)
Kampioen groep slaglammers aan die haak
Reserwe kampioen groep slaglammers aan die haak.

Dormerkursus, April 2008 Nicolaas Philippus Venter
Phillip Venter is die jongste lid tot nog toe wat deelgeneem het aan ‘n Dormerkursus in 2008.
Op die ouderdom van 12 jaar en een maand het hy almal verbaas met sy belangstelling en entoesiasme in die Dormerras. Dit het kursusleiers geїnspireer om hom te beloon vir sy ywer met prysgeld en ‘n paar gratis stoetooie.
Ons wens Phillip alle sterkte toe met die begin van sy eie stoet.

Phillip besig met praktiese eksamen.
|